Soois, jy wil maar nie leer nie: Alles wat jy vertolk as my neerskiet van SA was maar net, elke keer in reaksie op jou beledigings op wittes en die Afrikaner spesifiek, feite wat ek genoem het vir so bietjie balans.
Jy het nie eers een keer probeer teenkap deur die feite te probeer weerlê nie; jy't maar net weer jou ou deuntjie gesing dat die wat waag om met brat Williams stry se dag sal kom en hulle "moet uit SA uit fokkof".
So, as hierdie feite wat jy nie kan weerlê nie vir jou aandui dat "dat SA so kak is", is jy die ou wat dit gesê het.
Terloops, sedert ek laas jou geantwoord het, is twee boere weer vermoor. Vyf mans het ’n ou dame se keel met ’n lem gesny, die polisie het haar handsak by hulle gekry. Ek glo nie dit was wit mans nie anders sou die koerant dit gesê het. Ek mag verkeerd wees, maar ek het gehoor so iets soos 48 renosters is hierdie jaar al doodgemaak. Soos jy sê, die NSA is in volle swang.
Jan Rap

