Jy praat van die “regmatige inwoners van Namibië”. Dit is ’n onsinnige stelling. As jy nou mooi kyk na die grense van Namibië is omtrent almal reguit lyne, lyne wat net bepaal kan word deur mense met ’n kennis van trigonometrie, boltrigonometrie spesifiek, ’n vertakking van die wiskunde waarby die mense van Afrika oor ’n baie, baie, baie lang tyd sou uitkom indien hulle nie met die mense van Europa in aanraking gekom het nie.
Namibië se grense, die hele Afrika s’n om die waarheid te sê, is dus bepaal deur mense van Europa en wel op ’n baie onsensitiewe manier; hulle lyne het sommer regdeur koninkryke en dies meer gesny. Daar kan dus in Botswana mense sit wat eintlik by hulle stamgenote in Namibië behoort en andersom. Mens kan dus nie praat van die “regmatige” inwoners nie want die grense is nie regmatig nie.
Dieselfde geld vir mense in bykans elke land in Afrika. Na die “winde van verandering” (Macmillan) het hierdie kunsmatige lande, waarvan elk uit ’n klomp koninkryke bevat het, “demokrasieë” geword met verskriklike gevolge, “te gruwelik om te bepeins” (BJV). Die dominante of grootste groep het die mag gegryp en dadelik die ander begin onderdruk. Dit het burgeroorloë dwarsdeur die hele Afrika tot gevolg gehad, party van hulle woed vandag nog. Jy kan mos dink, oor die 2 000 politieke entiteite wat saamgegooi is in so 60 of wat kunsmatige lande, ’n formule vir ’n ramp.
Die enigste plek waar gepoog is om oorspronklike koninkryke of politieke entiteite te herstel was Suid-Afrika maar die hele herstelproses was afgeskiet deur mense met sinistere motiewe; mense wat makliker grondstowwe ens in die hande kan kry as daar ’n onstabiele gedring en gedryf is. Hulle is natuurlik bygestaan deur mense soos jy wat NIE sinistere motiewe gehad het nie; julle is maar bloot van daardie wat saam met die stroom gaan uit pure onkunde en liggelowigheid, dink nie eintlik nie, sluk alles wat die koerante te vertel het. Gedwee, soos die osse van Jan F Cilliers.
Hierdie gedring en gedryf het natuurlik holisme tot gevolg. Oral waar wat jy die “regmatige” noem gebeur het, het die plekke in hole verander. Plase wat eens spogplase was is nou hole nadat jou “regmatige” mense oorgeneem het en dieselfde met dorpe en stede, almal vervalle hole. Jou storie van mense wat krepeer sonder land werk nie; jy kan nie land eet nie. Om nie te krepeer nie moet jy moue oprol en vingertrek en die land BEWERK, nie in ’n hool verander nie.
Jy sê jy “ ... soek nie fokkin neo-Nazis in (jou) land nie”. Jóú land? Hoe vermetel; betaal jy ooit belasting hier? Buitendien, dis in elk geval nie meer jou land nie; jy't mos meegewerk om hom aan die “regmatiges” te gee en holisme is besig om teen ’n moerse tempo te manifesteer – sommer in een dag is daar berigte van polisie-offisiere wat by kabeldiefstal en ander polisie wat by dwelmhandel betrokke is en gedurigdeur word daar maar bande in paaie gebrand en klippe gegooi.
Jy praat van Nazis – as jy met Nazis rassiste bedoel, en mense wat opposisie uitroei, dan is jou “regmatiges” die belhamels, dié dat die hele Afrika oorgegee is aan holisme.
Jan Rap

