Hallo Elbe
Ek is bly jy het reggekom. Maar jy sal tog toegee dat dit ook andersom kan werk of wil jy nou vir my sê ALLE Afrikaanse predikante preek oor hulle mense se koppe en daar is GEEN Engelse predikante wat oor húlle gemeentelede se koppe preek nie?
Dit kan tog nie want dit sou beteken die Here trek Engelse en mense wat Engels kan praat voor; hulle het beter predikante. Afrikaanse mense in sekere plekke op die platteland, waar omtrent geen Engels gepraat word nie se kanse om ooit in die hemel te kom is maar skraal. Maak dit sin?
Verder, wat staan in die Bybel wat jy nie self kon gelees het nie; met ander woorde wat eers deur ’n Engelse predikant opgespoor/vertolk moes word? Die antwoord is natuurlik “niks”. So, Elbe, pasop vir Engelse kerke; as jy weer sien is al jou kinders Engels.
Jy sê gelukkig "... het die ware Kerk van Christus nie taalbeperkings nie!!" Aan jou brief geoordeel lyk dit my hy het wel; Afrikaans is uitgesluit.
Groetnis
Jan Rap

