Ek verwys na Wouter se brief van 4 deser en beide bogenoemdes se verdere kommentaar daaronder.
As 'n boer, volledig met hoed en pyp, met sy bakkie ry en 'n ander boer, volledig met hoed en pyp, swaai voor hom in met sý bakkie dan sê die boer wat moes rem "jou onnosele bliksem waar het jy jou lisensie gekry." Indien, in plaas van 'n medeboer, 'n taxi voor hom inswaai dan sê die boer "jou onnosele @#$% waar het jy jou lisensie gekry" en die simbole hierbo sluit neerhalende verwysings na ras in.
So werk die mens se kop, maak nie saak van watter groep of ras hy is nie. As iemand vreemd is, of van 'n ander groep, span, skool, party of wat ookal is moet hy gemoer word. Ek het eenkeer, jare gelede, met my skoolkleurbaadjie in 'n ander dorp rondgeloop en ek moes hardloop vir my lewe want daardie dorp se skool se ouens wou my moer en dit net omdat ek van die buurdorp se skool was.
'n Kollega van my, 'n ene Ramsay, was in 'n Engelse skool op 'n spesifieke dorp en hy vertel sy ma het vir hom die Afrikaanse skool se kleurbaadjie gekoop wat hy gedra het op pad skool toe want hy moes by die Afrikaanse skool verbyloop. Ek was byvoorbeeld met klippe gegooi deur die Engelse skool se kinders as ek met my fiets by hulle verbygery het. 'Afrikaner vrot bananer' was 'n bekende slagspreuk (seker nou nog). Dus, dis universeel; jy moenie anders wees nie.
Nog iets wat onbemindheid aan die hand werk is prestasie. 'n Klomp vriende is saam geloot vir die army (my tyd was dit die army, die ouens wat na my tyd weermag toe is was betrokke by ernstige dinge; goddank ek het dit vrygespring) en die ou wat gekies word vir offisierskursus is 'n vark. Die persoon wat eerste staan in die klas is juffrou witbroodjie, die ouens wat vir die eerste span gekies word is die afrigter se witbroodjies, die soort van ding.
Die Jode is duidelik identifiseerbaar as 'n aparte groep EN hulle presteer; in besigheid, in die vermaaklikheidswêreld, op wetenskaplike gebied, noem dit maar. Dit bring 'n mate van afkeer mee; as hierdie mense só presteer is hulle óf slimmer, beter, vaardiger as ek óf hulle is besig met 'n slenter. Min is bereid om eersgenoemde te aanvaar so die slenteropsie bly oor; hierdie mense is besig om my uit te buit, die dat hulle so presteer.
Boerehaat het dieselfde oorsprong: Die Boere het die Engelse by vele geleenthede lelik op hulle baadjie laat kry en uiteindelik die regering by hulle oorgeneem EN presteer. Dit is vir hulle 'n bitter pil om te sluk en hulle sal ons nooit daarvoor vergewe nie; hulle is nog steeds besig om ons te ondermyn (en op die oomblik wen hulle; Afrikaans is nie eers meer 'n amptelike taal nie). Die swart bevolking beskou die finansiële sukses van die boer (en Boer) as 'n manifestasie van uitbuiting en dit het gegroei tot 'n intense haat, veral na die verskoningvraery wat toe vir hulle 'n erkenning van hierdie gewaande uitbuitery was. Wraak is al waaraan hulle nou dink; as hulle ons in konsentrasiekampe kan gooi sal hulle nie twee keer dink nie.
Die minderheidsgroepie Chinese ondervind dieselfde probleem in die Filippyne. Dit is 'n soort jaloesie wat groei en sweer totdat dit in haat omskakel.
Om op te som; 'n maklik identifiseerbare groep wat presteer is onbemind.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Hello Jan,
Jy besef seker haat hoef nie rasioneel te wees nie en is die redes vir haat wat die persoon ook al aanvoer die redes is. Prestasie en afguns kan 'n rol speel maar is sekerlik nie die belangrikste oorsaak nie, maar wat sou dan wees.
Ek het van idees uitgelig in 'n aparte skrywe en wil van die volgende statistieke aanbied.
Dit is uit 'n baie ou opstel in my rekords en gaan soos volg:
In 1990, volgens die Nasionale Joodse bevolking opname was die getal Jode minder as 2% van die totale Amerikaanse bevolking.
Dinge is nog erger in Europa, waar daar onder 2 miljoen Jode (van 10 miljoen in 1939) is en indien hierdie tendens volgehou word sal daar selfs nog minder Jode gevind word in Europa persentasie gewys wees as wat die persentasie in die VSA aantoon.
Wat veroorsaak hierdie afname?
Een antwoord, veral in Amerika, is, sukses.
Hulle trou later en toon 'n aanwas van minder as 1,6 kinders per ouer paar, wat nie 'n plaasvervanger koers is en dan tesame hiermee is baie van hierdie huwelike met nie-Jode, sodat die kinders dan buite die Joodse tradisie staan.
Die opstel gaan aan en bespreek die aard en karakter van die Joodse nasie, volk.
Weens die vyandskap wat aan die Jode openbaar word, word die Jode "verplig om Jode te bly binne hul Joodsheid." Hulle was geneig om saam te woon in stedelike woonbuurte (binne loopafstand van die sinagoge), saam te werk (in die tradisionele besighede), saam vakansies te neem, te behoort aan dieselfde klubs en saam te leer in hul skole.
Wills haal aan uit Alan Dershowitz se 'The Vanishing American Jew:
'Studies om 'n Rabbi te word is vervang met sekulêre hoër onderwys. Jode make-up 21 persent van die fakulteit by die elite skole, en Dershowitz skryf, dat gereeld is tussen 25 en 40 persent van die studente by Ivy League-skole Joods. Amerikaanse Jode, is die mees hoogs opgeleide groep in die VSA maar ontbreek kennis van hulle eie erfenis'.
Daar is dan argumente wat aanvoer dat die oorlewing van Judaïsme gevind kan word in die ultra-Ortodokse segment van die Joodse bevolking.
Daar word aangevoer dat hierdie egter 'n rampspoedige oplossing sou wees.
Watter raad het Gary Wills aan die hand van Dershowitz dan?
Hy vervang die gewone vyf Joodse kategorieë (sekulêre, hervorming, konserwatiewe, Ortodokse, ultra-Ortodokse) met slegs twee tipes, 'die erfenis Jood' en die aktiewe Jood.
Die sosiologiese aanwysers is dan dat die erfenis Jode, net 'n oppervlakkige band met hul voorvaders sal hou, terwyl die aktiewe Jode, diegene is wat hul godsdiens sal onderhou en dat die enigste werklike oplossing sou wees deur terug te keer na Israel.
Wills brei uit:
Dit is 'n ontstellende gevolgtrekking, indien Israel gesien word as die laaste bastion van 'n kwynende Joodse nasie indien die krimping van die getalle as onafwendbaar aanvaar word, maar verwys na Pierre Vidal-Naquet en Gershom Scholem wat soos volg oor die staat Israel geskryf het. (Beide is ook nou al oorlede)
'Die Joodse nasie is 'n menslike oplossing vir die huidige politieke probleme. Die Jode moet 'n regverdige en ordentlike samelewing vir al sy inwoners te skep, slegs dan sal dit 'n weerspieëling van die Joodse gees'.
Hierdie bevestig weereens die Palestynse kwessie en die verwantskap met apartheid.
Alan Dershowitz word soos volg aangehaal:
'Selfs in my meer as drie dekades by Harvard, het ek gesien hoe Joodse studente nie meer so uitstaande is soos dit voorheen was nie', maar brei tog uit om te bevestig dat van Amerika se Nobelprys wenners in wetenskap ekonomie, was byna 40% Joods. Dershowitz die skrywer van 'n bekende studie wat oor die belangrikste denkers in die VSA gegaan het dui aan dat meer as die helfte van Amerika se 200 mees invloedryke denkers, Joods is.
Wills is nou weer aan die woord:
Die groot paradoks van die Joodse lewe is dat feitlik al die positiewe waardes wat geidentifiseer word met Jode, naamlik deernis, kreatiwiteit, bydraes in die wêreld, liefde, 'n liefde vir die onderwys kom voor as meer kenmerkend van Jode wat nader aan die sekulêre kontinuum is as die wat aan die ultra-Ortodokse gedeelte behoort.
Daar is dan 'n bespreking oor wat is die aard van 'n Einstein se Joodse erfenis in sy studies en is die antwoord gewoon, daar word op die onderwerp onder hande gefokus, fisika in die geval van Einstein en ekonomie vir die ekonoom.
Dalk kan dit dan aangevoer word die Jode het geleer hoe om te leer en die liefde vir studie het al die verskil in die wereld gemaak tesame met die aanvanklike nou samelewing waarin die Jode funksioneer het vir 'duisende jare'.
Daar is ook diep debat oor wat maak 'n Jood 'n Jood.
Genetiese bande?
Solidariteit veroorsaak deur die vervolging of die bedreiging?
Kulturele erfenis?
Gedeelde waardes?
Rituele dissipline?
Wills aan die hand van Hertzberg gee 'n antwoord:
"God sê, Ek het julle nie uitverkies nie, weens julle eie 'kragtigheid' of omdat julle geestelik en moreel verhewe is en of intellektueel uitstaande is nie. Julle is nie. Ek het julle gekies weens my eie onkenbare wil".
Diegene wat nie in God glo nie kan sê dat God "het gunstelinge", of die stelling volkome verwerp.
Wills haal een van Hertzberg se onderwysers by die Joodse Teologiese Seminarium, Rabbi Mordegai Kaplan, aan soos volg:
'Die argument van 'n uitverkore volk is 'n ondemokratiese idee'
Wills se laaste gedagtes word dan soos volg deur my opgesom:
Tog is daar 'n paradoks hier. Die definisies van die Joodsheid gegee deur sommige Joodse denkers impliseer egter indirek, 'n meerderwaardigheid teenoor ander mense se intellektuele standaard, asook 'n etiese meerderwaardigheid, beskawing meerderwaardigheid. God se keuse is 'n las meer as 'n voordeel, 'n verpligting en nie 'n voorreg nie.
Dit vereis dat die Jode 'n teken moet wees van God se teenwoordigheid, 'n getuie van Sy waarheid en getuies word dikwels vervolg.
Dit is die rede waarom daar 'n gesegde is, "Here, kies iemand anders".
Die mees indrukwekkende aspek van Hertzberg se definisie van die uitverkore volk is die feit dat dit moontlik kan water hou.
Alle ander verklarings vir Joodse uitsonderlikheid weens die onuitspreeklike lyding en ongelooflike moed en trou aan die waarheid lyk skamel te wees in vergelyking'.
Was dit alles net 'n produk van goeie gene, of morele sensitiwiteit, of sosiale solidariteit, of voorvaderlike lojaliteite?
Iets baie vreemd het inderdaad met die Jode in die verloop van geskiedenis gebeur.
Dit was God.
Waar of onwaar, dit word aan die leser gelaat om te oordeel.
Baie dankie
Wouter
Beide Jan en Wouter,
salutasies.
Shalom
Duitswester
Dankie meneer, alhoewel ek verskil met Jan se gelykmaking met die Jood aan die boer, aangesien dit so 'n algemene tendens hier is.
Wouter
Ek het nooit beweer die Boer, soos die Jood, is lid van 'n uitverkore volk nie. Ek dink nie ons Boere is 'n uitverkore volk nie. Nou dat ek daaraan dink, boere kan wel uitverkore wees, soos onderwysers en daarmee bedoel ek boere en onderwysers van Ysland (is daar ooit plase?) tot die Malvenas. Oukei, miskien is uitverkore nie die woord nie, miskien eerder geroepe want die hemel weet, om 'n boer in Suid-Afrika te wees het jy hare op jou tande nodig; as die elemente jou nie rondfoeter nie is dit rowers en wraaknemers.
Buitendien, ek weet nie waar ek aan die idee kom nie, maar ek het nog altyd gedink die Joodse volk was gekies, dus uitverkore, om die Messias voort te bring.
Jan Rap
NS. Ek dink rugbyspelers is ook uitverkore en geroepe; elke keer as ek na 'n Super15-wedstryd kyk kom ek tot die gevolgtrekking dat, wat hulle ookal betaal word, is te min.
NSS. Dit was vir my snaaks dat Burton Francis die man van die westryd was. Na elke taktiese skoppie het die Cheetahs myle veld en besit verloor. Die feit dat hyso goed geskop het het die aandag op hom gevestig maar as die Cheetahs meer in die Stormers se gebied was het hulle dalk NOG meer strafskoppe gekry. Strauss moes die man van die wedstryd gewees het.
'Skuus, vergeet om te sê wat ek eintlik wou sê: Ek het gesê Jodehaat en Boerehaat het dieselfde oorsprong - 'n duidelike identiteit en hoë prestasie.
Hello Jan