Dag Dirk
Jy vra in jou skrywe van gister (kommentaar onderaan my brief) of ek dink dat daar geen bandebrandery, klipgooiery en dies meer van die 60’s tot die vroeë 90’s was nie. Die antwoord is natuurlik nie. Daar was wel die soort van ding ná die 60’s toe die liberales (soos PW-hulle) oorgeneem het en dit duidelik geblyk het dat in die afsienbare toekoms daar ’n ‘demokrasie’ gaan wees.
Die bomme in die kerk, Wimpy’s, Kerkstraat in Pretoria, winkelsentrums ens was juis die gemor en gekla van die ouens wat teenswoordig die land bestuur. Ek is eintlik verbaas jy noem hierdie gruwelpraktyke want dit stel die bedeling waarvoor jy jou beywer het glad nie in ’n goeie lig nie. Net so eienaardig, verbysterend eintlik, is dat daar nie toe ’n rooi liggie vir jou aangegaan het nie; dit moes tog darem ’n aanduiding vir jou gewees het van wat gaan kom of hoe?
Jou voorstel dat ek Orania toe trek is dalk nie ’n slegte opsie nie; ek het nog nooit oor die radio gehoor dat daar bande in die strate gebrand en klippe gegooi word nie. Ook twyfel ek of daar hoë mure met geëlektrifiseerde drade bo-op is, of kringtelevisiekameras, of gesofistikeerde diefalarms. Dit gaan, lyk dit my en om nou jou voorbeeld te gebruik, soos ’n volkspelebyeenkoms op Republiekdag. Ek glo egter nie dis die plek vir my nie want ek twyfel of hulle daar rolbal speel op Sondae.
Dis egter ’n snaakse voorstel van jou dat ek soontoe moet verhuis oor ek nou sou mor en kla want die ouens wat nou rêrig ontevrede met jou bedeling se prestasie is, die wat die klippe gooi en bande brand, sal nie soontoe gaan nie. Hulle sal maar net, soos jy altyd aanbeveel, moet aanvaar dat die tyd van munisipale dienste en elektrisiteitverskaffing verby is.
Nog ’n eienaardigheid vir my is julle libertyne se houding dat, wie ook al nie hou van die sirkus wat julle bewerkstellig het nie, moet waai. Júlle het die land in ’n gemors omskep en niemand mag dit uitwys nie; hulle moet óf aanvaar óf waai want hoe kan hulle nou so vermetel wees om julle handewerk te kritiseer, faffa kissyks!
Hlala kahle
Jan Rap


Kommentaar
Weet jy Jan, enige persoon wat na PW Botha en kie as "liberales" verwys se politieke denkraamwerk is só verwronge, dis geheel en al onmoontlik om 'n intelligente debat met so iemand te voer.
Het jy dalk politieke harsingskudding opgedoen? En toe in 1948 wakker geword?
'n Hartlike opgeruimde paar dae, sonder wroeg en kla, word jou toegewens.
Dirk
Jan. Ek vind dit ook baie snaaks dat wanneer jy die huidige stand van sake bevraagteken, nie eers kritiseer nie, is jy regs en moet Orania toe. Dit laat my dink aan die dae van die Nasionale Party. Jy het die blinkgat "linkses",vernaam onder die Ingelse gekry. Vloek die Natte maar in hul binnekamers, val hulle op hul knieë en "praise the Lord for the Nat government". Is 'n demokrasie nie juis 'n bestel wat jou die geleentheid gee om te bevraagteken en kritiseer nie? Of werk die SA demokrasie naders? As jy nog nie in die "Last Outpost" gebly het nie, het jy nog nie beskaafde/verfynde rassisme ervaar nie. Ek moet dit darem aan die Ingelse gelyk gee, hulle laat jou tuis voel in jou ongemaklikheid. Baie subtiel maar erg.
Wonderlik Dirk! Ek weerlê al jou aantygings (jou kommentaar onderaan my vorige brief aan jou), noem die terreur van die groep aan wie se kant jy jou geskaar het, vra vir jou of die terreur nie vir jou 'n rooi lig laat opgaan het nie, vra effektief vir jou of jy nou trots is op die sirkus wat jy met soveel ywer help skep het en jy kom terug met 'n opmerking wat ek oor PW gemaak het (en nog in 'n ad hominim trant daarby).
Maar hoe anders want die bedeling wat julle help vestig het is nou al byna uitgerafel; 'n totale mislukking. Dus net twee dinge jy kan doen: 1) Ontken en verander die onderwerp of 2) mor en kla oor bose 'apartheid'. Hierdie keer het jy opsie 1 gekies maar dit sal nie lank wees voor jy weer opsie twee uitoefen nie soos jy maar al te dikwels maak.
Terloops, PW was wel 'n liberaal.
Jan Rap,
As jy dan nou ghrend woorde wil gebruik, spel die woorde tog reg asb! Dis ad hominem, met 'n "e" voor die laaste "m". En gaan kyk tog in die woordeboek wat die term beteken voordat jy dit so kwistig gebruik.
Reusedwerg.
Laas toe ons van jou gehoor het, het jy stoep-stati-stiek stories verkondig.
Skielik in die regse politiek begin belangstel?
Dirk, ek verbeel my ek het al 'ad hominem' voorheen gebruik. Gelukkig het ek die vingerfoutjie in my respons gemaak anders het jy four call gehad om oor te mor en te kla.
Na al die twak wat jy kwytgeraak het blyk dit nou duidelik jy het niks om te sê nie (ook nie snaaks nie want hoe kan mens nou sulke twak verdedig?).
Verstommend mnr Rigter, verstommend. Jy moet jou weerhou daarvan om mense te brandmerk. Dit is sprekend van 'n tekort aan oa emosionele intelligensie.
Mense, wat help al die nabetratging 'n mens. Net mooi niks nie.Al wat dit huidige toedrag van sake in Suid Afrika vir my sê is dat 'n suksesvolle bevrydingsorganisasie nie per se oorgaan in 'n goeie regering nie.Kyk maar noord van Suid-Afrika en verder oor die wêreld om dit te bevestig.
En dit lyk vir my is iets wat die onderhandelaars weerskante van die tafel ontgaan het.
Ook dit wat ek hier skryf gaan niks verander aan die huidige toedrag van sake nie.