Die aanhangers van dogma is verplig om nederig te bly. Dogma is 'n onomstootlike leerstelling wat nie deur hulle aan beredenering onderwerp mag word nie.
Hoewel 'n dogma neergelê word as 'n stel beginsels wat die onweerlegbare waarheid sou verteenwoordig, beteken dit glad nie dit mag nie beredeneer word nie. Maar as jy probeer en nie slaag om met jou 'beredenering' enigiets van so 'n dogma effektief te weerlê nie, moet jy nie sulke onverantwoordbare stellings omtrent 'n/daardie dogma te maak om jou eie verleentheid te probeer verdoesel nie.
Jou gereelde enkelsin-veralgemenings is meestal jou stellings se ondergang want dit bly nie staande nie.
Watter woordeboek gebruik jy wat sê dat 'n dogma nie beredeneer mag word nie? Ek dink jy bejeën dit maar bra oppervlakkig en begryp nie die werklike implikasies nie. Die feit dat sommige woordeboeke aandui dat so 'n leerstelling nie aan beredenering onderworpe is nie, beteken mos nie dit mag nie (deur enigiemand) beredeneer word, soos jy beweer, nie. Die onomstootlikheid van so 'n leerstelling word dan juis so getoets ... Die woordeboekdefinisie impliseer slegs dat dat, indien jy die dogma as sulks aanvaar, dit nie aan (verdere) beredenering onderworpe is nie, soos wanneer 'n persoon deur sy vrywillige lidmaatskap van 'n kerk met 'n bepaalde leerstuk, daardie dogma as sulks aanvaar en dit dan nie kan beredeneer nie.
Let weer op wat ek sê van jou enkelsin-stellings en die gebreke daarin. Nog 'n tipiese voorbeeld.
Geskrifte? Dit is dit beslis nie ... Belangstelling as sulks ook nie werklik nie, maar bloot om uit te wys watter snert jy gedurig kwytraak oor sake Gods en die duidelike indruk wat jy skep daarmee dat jy 'n obsessie met sake Gods het ... soos ek sê, die Gees van God laat julle nie met rus nie. Dit is asof jy, wat kwansuis 'n ateïs is, jouself tog net nie kan verhelp om selfs heeltemal ongevraagd iets daaroor kwyt te raak nie, al is dit nou met sulke (onsinnige en dubbelsinnige) enkelsinnetjies op 'n slag.
Wat weet jy van 'spoke' (geeste) om hierdie stellings te kan maak? Deel met ons jou kennis omtrent geeste (of spoke, soos jy daarna verwys). Stel veral in jou bewyse belang...
Beste Kobus,
Nee, ek moet toegee, daar het jy my! Ek weet niks van spoke nie, kon die goed nog nooit in die hande kry om te ondersoek nie, alhoewel ek al orals gesoek het. Ek hoor maar net dat die paap van 'n holy ghost praat, dus glo ek slegs net dat die ding vleisloos, beenloos en verstandloos moet wees, as hy in alle onwaarskynlikheid sou bestaan.
Groete,
Angus
Beste Kobus,
Verkeerd! 'n Christen mag nie 'n Christelike dogma beredeneer nie, want dit beteken dat dit ook in twyfel getrek mag word. Die paap sal so iets nie toelaat nie, en jou sommer onder sensuur plaas. Die paap mag dit ook nie doen nie, hy sal sommer sy werk verloor.
Ek sien jy praat van woordeboeke. Dis juis woordeboeke wat vir jou sal sê dat "beredeneer" beteken iets toelig met bewyse. Jy self het dan vir my gesê dat jy graag bewyse wil hê vir die dogmas wat ek genoem het, (Die heilige spook is God, ens.) wel wetende dat ek absoluut geen bewyse het nie.
Groete,
Angus
Oor die beredeneerbaarheid van 'n kerklike dogma, sê jy eintlik maar wat ek sê ... behalwe die snert wat jy kwytraak oor die paap (neem aan jy verwys na die pous). Die paap het geen outoriteit of seggenskap oor my as Christen nie.
Beste Kobus,
Dominee het outoriteit en seggenskap oor jou as Christen, dis waarom hy wil hê jy moet Christen wees, en Dominee is mos maar ook 'n paap.
Ek betwyfel dit nie dat jy die woordeboekbetekenis van beredenering ken nie. Ek wys jou maar net daarop dat jy gesê het dat 'n dogma beredeneer kan word, en dat 'n dogma nie beredeneer kan word nie. Dit kan nie albei wees nie.
Van kleinsaf het ek in spoke belang gestel, want my oupa het altyd spookstories en goëlstories vertel. Ek het al tevergeefs tot oor middernag in 'n hele paar spookhuise gesit en wag dat spook sy verskyning moet maak. Die spirituele domein het ek ook al besoek. Dis alles 'n liegstorie: spiritiste is net agter jou geld aan.
Groete,
Angus
Jy het die kat heeltemal aan die stert beet, Angus. Jy weet werklik nie wat aangaan nie. jy weet nie eens waar om jou te wend om in in die Spirituele domein betrokke te raak nie.
Terloops, weet jy ooit wat 'n 'spiritis' is? Geen Christen behoort hom met so iemand besig te hou nie - behalwe natuurlik om hom van sy dwaalweë te bekeer...
Kommentaar

Vanwaar die insig? Het jy 'n woordeboek?

Tipiese onsin.
Is so, ja. Jou enkelsinnetjies is onsin, tipiese onsin, soos jy dit stel. Waarlik.
Doelbewus stiksienig.
Vanwaar jou belangstelling in my geskrifte?
Geskrifte? Dit is dit beslis nie ... Belangstelling as sulks ook nie werklik nie, maar bloot om uit te wys watter snert jy gedurig kwytraak oor sake Gods en die duidelike indruk wat jy skep daarmee dat jy 'n obsessie met sake Gods het ... soos ek sê, die Gees van God laat julle nie met rus nie. Dit is asof jy, wat kwansuis 'n ateïs is, jouself tog net nie kan verhelp om selfs heeltemal ongevraagd iets daaroor kwyt te raak nie, al is dit nou met sulke (onsinnige en dubbelsinnige) enkelsinnetjies op 'n slag.
Lees en leer.
Die heilige spook is God.
'n Heilige spook het nie vlees en been nie.
'n Heilige spook het nie brein nie.
Wat weet jy van 'spoke' (geeste) om hierdie stellings te kan maak? Deel met ons jou kennis omtrent geeste (of spoke, soos jy daarna verwys). Stel veral in jou bewyse belang...
Beste Kobus,
Nee, ek moet toegee, daar het jy my! Ek weet niks van spoke nie, kon die goed nog nooit in die hande kry om te ondersoek nie, alhoewel ek al orals gesoek het. Ek hoor maar net dat die paap van 'n holy ghost praat, dus glo ek slegs net dat die ding vleisloos, beenloos en verstandloos moet wees, as hy in alle onwaarskynlikheid sou bestaan.
Groete,
Angus
Jy sê jy het oral gesoek, Angus? Interessant. Waar het jy gesoek vir geeste (of spoke, soos jy dit noem)? Ook in die spirituele domein?