Hoi!
Psssst: Kan Crito asseblief hierdie geval bespreek? Dit is ’n misbruik van resensiekunde! Wonder wat die "ou Griek" sal dink.
Beste daar, Nikolas van Cusanus
- Lees Crito se blog hier. LitNet-redaksie


Kommentaar
Van waar, Nikolas van Cusana, wat nie eens jou eie naam kan regkry nie? Sover ek dit het, is jy Nikolas van Cusa (1401–1464) of, in die Latynse vorm, Nikolas Cusana. Jou naam is nie die verbastering Nikolas van Cusana nie. Die plek waar jy vandaan kom is Kues (Cusa in Latyn), nie te ver van Trier nie; nie Cusana nie. Jy’t die boek De docta ignorantia (Latyn vir: Aangaande geleerde onkunde) geskryf. Dis natuurlik jou slinkse punt: dat Crito 'n boekgeleerde sot is! A nee a, Nikolas Cusana, dis darem te dik vir daalder. Haal eers jou eie sottesluier af en wys wat daarónder dwingel.
Wonder ek waarom hierdie persoonlike geskil op die brieweblad beland?
Resensies is 'n vorm van literêre hekwagtery. Vermy dit.