Dag Cilliers
Hoe kan Afrikaans toegeneem het onder, soos jy sê jy verstaan, onder die bruin bevolking? Hulle ís mos reeds Afrikaanssprekend, vandaar Thomas se betoog dat hulle ook Afrikaners is. Of is die toename as gevolg van die feit dat die Engelssprekende bruines nou terugbeweeg Afrikaans toe? Is dit wat jy bedoel?
Indien dít die geval is maak dit nie sin nie. Kyk byvoorbeeld na die UWK, heeltemal Engels geword en so ook ander Afrikaanse universiteite soos Kovsies, Maties en Tukkies. Afrikaans het ook drasties afgeneem in die openbare sektor en met dié dat so baie Afrikaanse mense hulle kinders Engelse skole toe stuur soos Thys ook uitwys, voel mens sommer aan jou water dat Afrikaans aan die afneem is.
Bo en behalwe die voorafgaande, die bietjie Afrikaans wat nog gepraat word, word al hoe meer afgewater. Luister maar na die gaste en inbellers op RSG en moet ook nie die omroepers weggooi nie. Magdaleen Kruger, die stasiebestuurderes, maak hierdie geradbraakte Afrikaans af as 'tongvalle'; dis nou blykbaar wat die mense wil hê.
So van Thys gepraat, Jaco, ek sien in jou kommentaar onderaan Cilliers se brief van Vrydag sê jy vir Thys dit is vir " ... almal ooglopend dat [Thys] met [homself] praat." Thys het die geldige punte gemaak dat Afrikaans kwyn en redes daarvoor gegee en al wat jy vorendag mee kan kom is dat Thys met homself praat. En dan is jy die ou wat vir Reusedwerg kap oor sy weerlegging (rebuttal soos jy dit noem) 'n gesegde is (terloops, 'n baie waar gesegde van Churchill naamlik lies, damn lies and statistics). Sê vir Thys waar jy dink hy verkeerd is; jou 'rebuttal' dat hy met homself praat kom neer op 'n klap op die mat.
Buitendien, 'n 0,2% groei vir Afrikaans gemeet teen die bevolkingsgroei kom in reële terme op 'n daling neer. Dis soos wanneer jy 'n 2%-verhoging kry terwyl die inflasiekoers 12% is; jy is net mooi 10% slegter af.
Wat die lingua franca betref. So 'n paar jaar gelede, nog voor 'demokrasie', het die Readers' Digest 'n hele artikel gehad oor Afrikaans as die lingua franca van Suid-Afrika. Indien Afrikaans vervang is as lingua franca, kan dit net wees omdat Afrikaners (sogenaamde Afrikaners) meegewerk het om Engels die lingua franca te maak. En hulle is nog steeds besig om dit te doen soos mens kan sien aan die swak Afrikaans deesdae.
Jan Rap


Kommentaar
Jan
Thys se redes is nie feitlik nie, maar VERONDERSTELLINGS. Die feit dat staats of staats gesubsideerde organe Afrikaans afgeskaf het is nie bewys dat Afrikaans kwyn nie. Statistiek S.A. is ’n onafhanklike orgaan, met wetenskaplikes agter sodanige statistieke. Dit is feitlik weergee dat Afrikaans gegroei het soos aangedui, en nie ’n veronderstelling nie.
Zuma hou nie van die statistiek wat nie in sy agenda pas nie. Ek hou nie van die statistiek wat wys dat blankes ’n krimpende ras is, jy en Thys hou nie van die statistiek vir julle eie agendas ook nie. Die feit dat dit amper deurgans onpopulêr is dui aan dat dit wel objektief opgestel is.
Verder, die 800 000 groei is nie uitsluitlik in die bruin gemeenskap nie indien beide jy, Thys en Cilliers my brief behoorlik gelees het. Die meerderheid aanwas is heel duidelik aan swartes te danke. ’n Bruin bevolking van om en by die 2mil kan onmoonlik oor ’n 10 jaar tydperk met nog amper ’n mil groei. Die getoonde aanwas in tradisionele swart provinsies soos bv. Limpopo waar amper geen kleurlinge te vinde is nie bewys my argument. Die grootskaals immigrasie van Xhosas na die Wes-Kaap, waar hulle skouer aan skouer met ander Afrikaners, in hierdie geval bruin Afrikaners, het die taal op hulle ook afgevryf.
En waar jy skynheilig beswaar het dat ek ou Thys slegsê. Dit is opsetlik bedoel. Met so ’n mens wat net met aantygings redeneer, voel ek geregtig om hom soos jy sê: "kom neer op ’n klap op die mat." Jy, hy en almal kan maar weet wat ek van hierdie "korrel" (sy beskrywing van homself), dink.
Met betrekking tot Reusedwerg, hy kan maar vir homself met my praat en die saak redeneer indien hy wil. Net soos met die Judge Dredd sage van ’n jaar gelede, het jy jouself ongevraagd als hulle segsman aangestel
Eintlik "kom neer op ’n klap op die mat." vir elkeen, want wat jy vir hulle sê is dat hulle nie die vermoë beskik om namens hulleself te kan praat nie. (Ek sien jy soek ook nou Thys se goeie guns. Ook maar "fickle" né)
Jaco Fourie
Moenie vir jou laf hou nie Jaco; as ek nou toevallig saam met jou gestem het sou jy dit dan vertolk het dat ek jou goeie guns soek? Natuurlik nie, twee ouens stry en volgens my is die een nader aan die waarheid en ek sê so, nie omdat ek sy goeie guns soek nie maar omdat ek dink hy nader aan reg is. Ek mag verkeerd wees waar die onus berus dan op jou om my dienooreenkomstig in te lig. Hierdie is ’n openbare forum; ’n teenargument is nie om iemand te beskuldig dat hy die ou, wat hy in ’n betrokke geval mee saamstem, se guns soek nie. Dit is ad hominem en kom neer op ’n klap op die mat (dit is wanneer mens oorgee in stoei of jujitsu).
Jan
Jy skryf: "Sê vir Thys waar jy dink hy verkeerd is; jou 'rebuttal' dat hy met homself praat kom neer op 'n klap op die mat".
Jy daag my uit hierbo, ek voldoen aan jou versoek, nl. Thys se VERONSERSTELLINGS wat hy nie bewys nie, in teenstelling met die FEITLIKE sensus wat ek uitgewys het. Daaroor bly jy nou maar tjoepstil.
Jy weet ek en Thys het 'n vete onderling. Jy val my aan die eenkant aan met Thys se veronderstellings en ongevraagd, tree jy in die bresse vir hom asof hy nie namens homself kan praat nie. Dit kom duidelik daarop neer jy soek sy guns.
Moenie bodder om te respondeer nie. Ek gaan nie 'n kleinlik debat hieroor voer nie
Jaco Fourie