Vir Angus oor die vallende boom

  • 0

Indien "geluid" definieer word as die impuls vanaf die hamer, aambeeld, stiebeueltjies of wat ookal na jou brein dan het die vallende boom nie ’n geluid gemaak wanneer niemand binne hoorafstand was nie. Indien "geluid" egter definieer word as momentane verdigtings in die atmosfeer, veroorsaak deur ’n steuring soos byvoorbeeld ’n vallende boom, wat teen ongeveer 990 kilometer per uur op seevlak voortgeplant word, dan hét die vallende boom ’n geluid veroorsaak selfs al was daar niemand in die omgewing nie.

Terloops, vreeslik dankie vir Poer, ek stuur vir jou in ruil daarvoor ’n bundeltjie kortverhale deur Frederick Forsyth; jy sê mos jy lees nie eintlik fiksie nie so kortverhale is net die regte medisyne. Sy kortverhale is baie soos Roald Dahl s’n, so ’n kinkel op ’n kinkel aan die einde.

Groetnis en nogmaals dankie vir die boek.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top