Sjalom.
Hierdie advertensie vir 'n motorhandelaar is in Brittanje geskiet.
Nadat dit voltooi is, het die regisseur 'n onverklaarbare wit waas langs die kar sien beweeg.
Hulle verneem toe dat iemand 'n jaar gelede langs dieselfde pad gesterf het.
Die advertensie is toe nooit vrygestel nie.
Aan die einde daarvan kan die filmmakers se verbaasde fluisterstemme gehoor word - draai jou volume effe harder om dit te luister.
Spookgroete,
Cornelius Henn


Kommentaar
Beste Cornelius,
... net so Angus, dink net wie ek heel eerste gaan kom skrik maak... maar het jy die kommentaar aan die einde van die video geluister?...
Hello Cornelius
Ek, my vrou en my dogter het jou skakel baie "geniet" en geniet. Ek gaan dit deel met almal wat naby my skerm verbyloop.
Dankie
Chris
Cornelius!
Luister hier mannetjie, as ek jou in die hande kry sal dit jou suur bekom!
Ek het my as op drie plekke afgeskrik en moes doktersbehandeling kry. Nou gaan ek kompensasie soek!
Varkspek
Beste Chris en Varkspek ... dis daardie sagte Ingelse kommentaar in die agtergrond wat my getref het ... dis sekerlik die mees oortuigendste bewys vir spoke wat ek in 'n lang tyd gesien het ... my hare het lanklaas so gerys; laas toe ek as kind alleen by 'n begraafplaas moes verby ... en Varkspek, ek sit self nou nog op 'n bankie en wag om die ritteltits te stop ... Cornelius Henn
Cornelius — Jou b l i k s e m ?
Groete
Beste Cornelius,
Nou toe. Kan jy glo. Dat 'n spook-video dit kon reg kry om die wit vlag tussen jul manne te hys!