Vir Anelia oor Australiese dokumente in Afrikaans

  • 0

Hallo Anelia

Een of ander welwillendheidsgebaar van die Australiese regering teenoor immigrante beskou jy as ’n bewys dat Afrikaans nie agteruitgaan nie.  Dink jy nou regtig jy kan op so-iets peil trek?

Die wat sanik oor die uitsterf van Afrikaans doen dit aan die hand van die huidige stand van Afrikaans in Suid-Afrika waar Afrikaans veronderstel is om ’n amptelike taal te wees. As jy reken hulle is verkeerd wys hulle dan waar en hoe. ’n Dokument in Australië bewys niks en is net tydelik in elk geval want oor 10 of 12 jaar is al die Afrikanerkindertjies daar Engelssprekend en so’n dokument is dan onnodig.  As jy nou byvoorbeeld op ’n Latynse dokument in Uppsala afkom gaan dit vir jou ’n bewys wees dat Latyn ’n lewende taal is?

Hou op sanik oor die wat volgens jou sanik; jy doen Afrikaans geen guns op dié manier nie. Skrik wakker; as ’n Afrikaanse dokument in ’n vreemde land jou sus is jy heeltemal oningelig oor wat werklik aangaan.

Groetnis

Jan Rap

NS Moes "kliënt" in die dokument nie "klant" gewees het nie?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top