"Vir altyd lief te hê" deur Ray Hall

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Dra jou hart op jou mou
Verlore woorde
Weggewas in die see
Ek sal als weggee
Net vir jou liefde

Refrein:
Spring ek sal jou vang
Die lewe is te kort
Tog 'n eindelose dors
'n Onophoudelike drang

Vers 2:
Om alleen te wees
Op jou eie golflengte
Net jy en jou paar sente
Dit kan nie goed wees vir jou gees

Dra jou hart op jou mou
Ja dis moeilik ek weet
Jy kan praat en hul vergeet
Skree al word jy blou

Jy moet aanhou glo
In 'n lewe vol liefde
Gevoelens as woorde
En om op te kyk na bo

Refrein:
Spring ek sal jou vang
Die lewe is te kort
Om groot te word
'n Onophoudelike drang

Vers 3:
Verlore woorde
Weggewas in die see
Ek sal als weggee
Net vir jou liefde

Net om jou vir altyd lief te hê
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top