"Vind jouself" deur Jaen Rossouw

  • 0

Vind jouself

As kinders is ons moeilik om te lees
Is dit rêrig in die mode om verkeerd te wees?
Is dit werklik in die mode om ’n rebel te wees?
As kinders is ons moeilik om te lees.

As die hemel en die hel die einde van ons lot kan bepaal
Kan ons nou al die verbode vrugte vroegtydiglik vermy
Te veel tyd om woorde as wapens te gebruik
Te veel tyd om in sirkels te skinder en te stry
Dit was nie ek nie, dit was jy, dit was hy, dit was sy.
Ons kort meer tyd om onsself met helder kleure in te kleur.

Refrein:
Vind eers jouself, voor jy ander veroordeel
Vind eers jouself, voor daar gif is in jou keel.
Die waarheid is begrawe onder al die leuens.
Vind eers jouself, voor jy ander veroordeel
Vind eers jouself, voor daar gif is in jou keel.

As kinders is ons moeilik om te lees
Is dit rêrig in die mode om verkeerd te wees?
Is dit werklik in die mode om ’n rebel te wees?
As kinders is ons moeilik om te lees.

Daar word valslik deur haters gehaat
Jy kan veg en dit teen al die verwagtinge maak
Of jy kan die leuens misgis as die waarheid
Dan eet jy reguit uit die duiwel se palm uit.

Refrein:
Vind eers jouself, voor jy ander veroordeel
Vind eers jouself, voor daar gif is in jou keel.
Die waarheid is begrawe onder al die leuens.
Vind eers jouself, voor jy ander veroordeel
Vind eers jouself, voor daar gif is in jou keel.
Vind eers jouself, voor jy ander veroordeel
Vind eers jouself, voor daar gif is in jou keel.

(Instrumente/musiek “fade” in die agtergrond. Net vocals vir die volgende twee reëls. Net ’n idee.)

Die waarheid is begrawe onder al die leuens.
Die waarheid is begrawe onder al die leuens.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top