
Noam Chomsky, die vermaarde Amerikaanse filosoof en intellektueel, sê dat die groter raamwerk waarbinne die Viëtnam-oorlog veral onder Kennedy geëskaleer is, is nooit deur die algemene Amerikaanse media bevraagteken nie (daar was enkele uitsonderings).
Wat wel wyd gepubliseer en veroordeel is, was die aard en aggressie van die Amerikaanse inval en die lewensverlies van veral Amerikaanse soldate.
Dieselfde het in Suid-Afrika gebeur met die totstandkoming van gewettigde partisie, oftewel apartheid.
Die wit-beheerde mediagroepe het nooit die groter saak van die onwettige en immorele (volgens die Verenigde Nasies se Sekuriteitsraad) staatsbestel aangespreek nie en het net breedvoerig verslag gedoen oor die skermutseling tussen pro- en anti-apartheidsmagte.
Apartheid, soos die oorlog in Viëtnam, is as ’n noodsaaklike gegewe beskou.
Waar die Viëtnamoorlog beskou is as ’n proksie-oorlog teen die kommunisme, is apartheid aanvanklik gesien as ’n bakermat teen die integrasie van wit en swart mense en eers later oor die boeg van die kommunisme gegooi.
Volgens Chomsky kwalifiseer die VSA en die destydse Suid-Afrikaanse regering as terreurstate.
In albei gevalle was die amptelike perswese aandadig en onderskeidelik ten gunste van die Viëtnam-oorlog en die apartheidideologie.
- Brief verkort – redaksie.

