terwyl ekonomieë een-een afsterf, ou orde chaoties meegee,
g’bruikers, nes maervarke, in slagpaal-effek, doodskreet sjee,
paranoïes, wanord’lik, Mens, uit vrees-b’noudheid-angs bewe,
hel-op-Aard’ - so ervaar meerderheid deeske Lewe Een Lewe
sedert Paradys, Jena, Fase Een, millennia, eeue, maande,
dae, ure, minute, sekondes, milli’s, Millennium Drie Mens,
Naaste, Eerste, ko-Aardling, Universaliet, Homo Sapiens,
so onvoorspelbaar soos markte, wolkbewegings, winde
medemens in ultra-tswempu, oppe bonnel in kapkapkasarm,
v’rwarringsfilosofie van onkunde-ontkenningskunde omarm,
markg’drewe kapitaalv’rering, aanbidding van “Duiwelspiek”,
Self-destruksie, op God se Keper b’trag, ’n terminale “siek”
Millennium Drie Homo, Mens se Naaste, hulp’loos aan’t trag,
hoe kroos, nag’slag, mekaar, struktuurg’welddadig v’rkrag
Jacobus Faasen
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

