VF+ nou uitgedien?

  • 6

Dit blyk Afrikaners het met die munisipale verkiesing die VF+ so te sê finaal, geheel en al verwerp.  Dit is tyd dat die Mulders na ander heenkome moet begin soek, want ek is van oortuiging dat met die volgende algemene verkiesing in 2019, hulle al hulle setels in die parlement gaan verloor.

  • 6

Kommentaar

  • Beste Jaco
    Die verskuiwing is 'n noodsprong soos in 1994. In die verkiesing het die FF 595 640
    op Provinsiale vlak getrek teenoor 424 555 op Nasionale vlak. Die meer as 171 000 stemme is na die NP wat die party in staat gestel het om aan die vereiste 20% te voldoen. Dit was ook maar net-net want dit het met die hulp 20.4% van die stemme getrek.
    Die DA bevorder nie Afrikanerbelange nie. Ek sien bv nie dat hul op groot skaal protes aanteken teen bv die verengelsing van die onderwys op alle vlakke nie. Daar sal dus altyd plek wees vir mense soos die Mulders of jy nou daarvan hou of nie.

  • FC Boot
    Ek stem met jou saam dat die DA nie Afrikanerbelange bevorder nie, die dat ek in die verkiesing glad nie gestem nie. Ek het dit teen die VF+ omrede dit in 'n Mulder-familiesaak ontaard het, asook Mulder se destydse voetjie-voetjie met Zuma toe hy deur Zuma as 'n adjunkminister aangestel was sonder toestemming en ondersteuning van sy eie party-genote.
    Diegene in sy party wat beswaar gemaak het, het hy destyds eiehandig en outokraties teenoor hulle opgetree, oa Willie Spies, wat saam met ander vorige VF+ parlementslede, vandag 'n produktiewe voltydse bydrae tot AfriForum en Radio Pretoria lewer.
    Ek is ook van mening dat die Mulders (twee broers en nefie) in die politiek vir eie gewin is, met Afrikaner-belange as 'n bysaak. Die feit dat Afrikaner-ondersteuning so te sê verdamp het, glo ek is dit omrede ander ook tot dieselfde gevolgtrekking gekom het.
    Ek weet jy het dit teen AfriForum vir persoonlike redes soos deur jou in die verlede genoem, maar werklik, daar is geen alternatiewe noemenswaardige groep wat kan bewys, soos AfriForum dat hulle deur dade en uitgawes Afrikaner-belange bevorder.

  • Jaco ek verstaan jou sentiment vir AfriForum en ander burgerregte-organisasies. Ek wil nie te wyd van die onderwerp afdwaal nie. Ek bejeën elke organisasie wat dit uitbasuin dat hulle dit of dat vir mense doen. Ek veralgemeen nou weereens, ek vertrou nie die hedendaagse Afrikaner nie. Ek is self 'n Afrikaner in die sin dat ek die taal praat, moerig word oor swak Afrikaans, en dat ek my eie mense (Blanke Afrikaners) se belange ens voorop stel. Ek het seker die hardste lesse die afgelope 20 jaar geleer. Ek het 'n groot, letterlik en figuurlike vriend, wat een dag vir my nadat ek hom probeer oorreed het om 'n vennoot te kry, gesê het, "I walk alone, I laugh alone and I cry alone". Ek is deesdae so. Mense is nie daar vir enige ander rede as selfgewin nie. Ek is jammer om dit te sê, die " regte Afrikaner" is vandag dun gesaai.

  • Die VF is in 1994 in sonde gebore en ontvang na geheime onderhandelinge vanaf ten minste 1993 met die ANC/SAKP. Die VF was net 'n werktuig om weerstandbiedende en behoudende Boere na die Kommunis se verkiesing te lei en om sodoende legimiteit aan die NP se oorgawe te verleen. Die VF-leiers van destyds was selfs groter verraaiers as die NP-leiers. Sonder die VF se deelname aan die 1994-verkiesing, sou daar geen verkiesing gewees het nie.

  • Boerseun

    Wie reg of verkeerd was mbt die vorige bedeling is vandag nie ter sake, en waaraan vandag niks gedoen kan word nie.

    Wat is jou aanbevole voorstelle vir jou volksgenote se probleme van vandag?

  • Reusedwerg

    Jammer ek gee nou eers kommentaar op wat jy hierbo geskryf het.

    Soos ek jou lees, is jou persoonlike siening mbt die Afrikaner: "ek vertrou nie die hedendaagse Afrikaner nie....die is vandag dun gesaai." Alhoewel ek met jou verskil, is jy, soos almal, geregtig op persoonlike sieninge, selfs pessimistiese sieninge mbt jou volksgenote ook.

    Vir my dek die hedendaagse Afrikaner die volle polities, godsdienstige en maatskaplike spektrum wat insluit enige ras wat hulself deur taal en kultuur as Afrikaner, Afrikaanses, Kaaps en Boer beskou, polities oor die spektrum van ver links tot ver regs (vanaf Max du Preez tot Dan Roodt); godsdienstig Protestant, Katoliek, Islamities, en Ateïs, almal binne hierdie taal-kultuurgroep. Elkeen het sy eiesoortige bydrae wat ons gesamentlik daardeur verryk ten spyte van onderlinge verskille.

    Pessimistiese sieninge broei steriliteit; optimistiese sieninge broei pro-aktiewiteit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top