Verwarde Siel
Jy fluister in my oordrom
Jou woorde so fantasties
Dit maak my gemoed en doodgewone hart
ongewoon spasties
REFREIN:
Maar die sterre versmoor my
En die son verbleik my
Die stilte van jou hart
is die grootste sonde van almal
Jy probeer my wese saggies afbreek
saggies in stukke vir jou plakboek
van immorele waardes
Maar jy stagneer terwyl ek terugkeer
met jou soet-suur sweet my laaste reuk
REFREIN


