"Vervreem" deur Danélle Botes

  • 0

Vervreem

Jy was my moontlikheid, ? opsie
? potensiële liefdesverhaal
Iemand met wie ek myself kon deel
maar ek het jou te gou verveel

REFREIN:
Bly net vanaand nog by my
Môre kan ons paaie weer skei
Jy vat net wat jy wil
Jou hart bly elke oomblik tog so kil
Kort voor lank los jy my alleen
Word ek elke oomblik meer van jou vervreem

Die enkele oomblikke wat ek onthou
Jou glimlag en koue blou oë
terg my in die nagte heen
as ek weer van jou sit en droom

REFREIN (x2)

Ek word die teiken van jou manipulasie
wanneer broosheid sy kloue omvou
Weerhou my van jou
want spyt kom eers more aan my siel knou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top