Vertaalkompetisie

  • 0

(Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem)

Vryheid

As vry wees is: hou jy jou mond,
                  want ek’t iets om te sê

As vry wees is:  jy agter tralies, want dan hoef
                 ons nie bang te wees vir al jou
                 doen en late

As vry wees is:  die dag van môre
                 strak bepaal deur die dag vandag
                 iets minder dag te laat wees

As vry wees is:  die deure sluit
                 en op die beeldskerm vrylik kyk
                 wat veilig uit die buurt moet wees

As vry wees is:  steeds rustig slaap
                 omdat ander hul tong
                 deur moedswil ontneem is

As vry wees is:  eet wat en wanneer jy wil
                 maar die skil laat val in die koerante
                 waar die honger verswyg word

As vry wees is:  nie hoef te weet wat my
                 vrygemaak het, my vry hou, my
                 in vryheid elke dag gevange neem

As vry wees is:  wag tot die ander
                 my bevry van vrese waar ek
                 heilig op vertrou

As vryheid my gedagtes pleister
As vryheid om my heen en oral rondom
en in my waai

As vryheid my gedagtes beskerm
teen jou idees wat vir my
te anders is

As vryheid vir my vandag so
vanselfsprekend lyk, en jy nie
weet wat dit beteken

Dan is vryheid munt vir my
en kop-af vir jou
dan is vryheid lug en toeval

Maar staat het my dalk wel bevry
om iets van my ruim vryheid – met
wedersydse goedkeuring natuurlik –
tydelik of vir langer duur
af te staan om jou van my verstikkende
vryheid te bevry.

 


 

  • 0

Vertaalkompetisie

  • 0

(Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem)

Vryheid

As vry wees is: hou jy jou mond,
                  want ek’t iets om te sê

As vry wees is:  jy agter tralies, want dan hoef
                 ons nie bang te wees vir al jou
                 doen en late

As vry wees is:  die dag van môre
                 strak bepaal deur die dag vandag
                 iets minder dag te laat wees

As vry wees is:  die deure sluit
                 en op die beeldskerm vrylik kyk
                 wat veilig uit die buurt moet wees

As vry wees is:  steeds rustig slaap
                 omdat ander hul tong
                 deur moedswil ontneem is

As vry wees is:  eet wat en wanneer jy wil
                 maar die skil laat val in die koerante
                 waar die honger verswyg word

As vry wees is:  nie hoef te weet wat my
                 vrygemaak het, my vry hou, my
                 in vryheid elke dag gevange neem

As vry wees is:  wag tot die ander
                 my bevry van vrese waar ek
                 heilig op vertrou

As vryheid my gedagtes pleister
As vryheid om my heen en oral rondom
en in my waai

As vryheid my gedagtes beskerm
teen jou idees wat vir my
te anders is

As vryheid vir my vandag so
vanselfsprekend lyk, en jy nie
weet wat dit beteken

Dan is vryheid munt vir my
en kop-af vir jou
dan is vryheid lug en toeval

Maar staat het my dalk wel bevry
om iets van my ruim vryheid – met
wedersydse goedkeuring natuurlik –
tydelik of vir langer duur
af te staan om jou van my verstikkende
vryheid te bevry.

 


 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top