Vertaalkompetisie: Vryheid

  • 0

(Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem)

Vryheid

Ek is vry, want jy moet swyg.

Ek is vry. Jou tralies my verkwikking teen andersheid se verskrikking.

Ek is vry. My beeldskerm 'n septer sonder waan,
wat swaaie die paaie waar jy gaan.

Ek is vry en my slaap is rustig. Anderentong moet waak
in stil-onrustig.

Ek is vry, my mond my onderdaan, en vir honger in koerante net
'n peulskil te pante.

Ek is vry, en 'n gevangene van vryheid. Die rede vir die klag en vonnis,
net omdat ek dom is.

En as vryheid beteken wag vir verlossing van heilige betroubare angste.

En as vryheid my gedagtes pleister en winddroog,
waar jy in kalmte sit.

En as vryheid jou idees 'n slawerny maak.

En as vryheid self spreek en jou taal omgryp dit nie.

Dan is vryheid 'n vonds vir my en 'n verlies vir jou.

Want vryheid is lig. Vryheid keur die wil goed.

En ek is vry om my vryheid te deel met jou. Dis volop.
Hoe sal jy besluit ? Tydelik of oor 'n langer duur ?
My vryheid kan jou verstikking bevry. 

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top