Vertaalkompetisie: St Botolph's

  • 2

Ons joernaal was bloot ’n ouverture
Tot die aand en die party. Ek het ramp-
spoedige uitgawes voorspel: ’n planetêre
Sekerheid, volgens Prospero se berekening.
Jupiter en die volmaan sweer saam
Teen Venus. Rampspoedige besteding
Volgens daardie boek. In die besonder, vir my.
Die verbinding ontvlam my geboortelike Son.
Venus speld sekuur in my miduitspansel.
Vir ’n wag-en-sien-sterwiggelaar – maak dit saak?
Die veeg van ’n vlermuisvlerk, maklik besweer.
Ons Chaucer sou tuis kon bly, gemaklik met Dante.
Hy sou die planete meer presies kon bepaal
En sou dit dieper kon oordenk. Wat anders? Ek laat
Ernstiger astroloë daaroor peins
Daardie verbinding, voeg my Son, voeg
Met jou geboorteheersende Mars. En Chaucer
Sou vingerwys na daardie dag se son in Pisces
Hoe jou Voorsaat perfek saamwerk
Teenoor my Neptunus, gefikseer
In my tiende Tuiste van goed en bose vuur.
Ons Chaucer, meen ek, sou sug.
Hy sou ons, hartseer, kopskuddend verseker
Dat die sterrestelsel ons op daardie dag trou
Of ons dit nou weet of nie.

Falcon Yard:
Girl-friend soos ’n gespanne kruisboog. Die klankgolwe
Vasgeknoop, geskeur deur Joe Lyde se Jazz. Die saal
Soos die deinende dek van die Titanic:
’n Stilrolprent met geskal oorhoofs. Skielik –
Lukas het dit beraam – skielik jy.

Eerste oogopslag. Eerste flits afgesonder
Onveranderbaar, bevrore in die kamera-blik.
Langer
As wat jy ooit daarna weer was. So slank beheerst
Dit het gelyk as of jou lang, perfekte, Amerikaanse bene
eenvoudig hemelwaarts reik. Daardie flakkerende hand,
Daardie lang, balletagtige, lemur-elegante vingers.
En die gelaat – ’n gespanne bol geluk.
Ek sien jou daar, duideliker, meer wérklik
As al die jare in die skaduwee daarvan –
Asof ek jou daardie een keer gesien het en toe, nooit weer nie.
Die los val van jou hare – daardie floppende gordyn
Oor jou gesig, jou litteken. En jou gesig
’n rubberige bal geluk.
Rondom die Afrika-lippe, glimlaggende, dik
Rooi-geverfde mond. En jou oë
In jou gesig gepars, ’n pers diamante,
Onglobaar helder, helder soos ’n gruis van trane
Wat trane van geluk sou kon wees, ’n pars geluk.
Jy het ’n uitklophou bedoel
Jy met jou lewenslus. Ek onthou
weinig van die res van daardie aand.
Ek het weggeglip met my vriend-in. Niks
Behalwe haar sissende woede in die ingang
En my verbysterde betragting
Van jou blou kopdoek uit my broeksak
En die swellende ring-grag van tandmerke
wat my gesig daardie volgende maand sou brandmerk.
Die ek daaronder vir altyd.

[Vertaal deur Jaco Barnard Naude. Oorspronklike gedig "St Botolph's" deur Ted Hughes.]
 

Klik hier vir meer besonderhede oor die kompetisie

 

 

  • 2

Kommentaar

  • Blykbaar is daar geeste in die Afrikaanse letterkunde wat die vertaling van hierdie gedig ten sterkste afkeur.  Jammer, geeste, maar ons leef in die tyd van die interteks en die postmoderne, die hiper-modernisme. En die afbreek van ritme en die distorsie van metrum is wat ons stylfigure noem in die postmodernisme, selfs al word dit nie behandel in die prulteks nie (wat maar altyd neerkom op 'n reduks-teks van, as ek reg onthou, 4 bladsye) - dalk is dit tyd om weer die boeke oor die postmoderne nader te vark, ek bedoel hark. Jaco 

  • Jaco Barnard-Naudé

    Blykbaar is daar geeste in die Afrikaanse letterkunde wat die vertaling van hierdie gedig ten sterkste afkeur. Jammer, geeste, maar ons leef in die tyd van die interteks en die postmoderne, die hiper-modernisme. En die afbreek van ritme en die distorsie van metrum is wat ons stylfigure noem in die postmodernisme, selfs al word dit nie behandel in die prulteks nie (wat maar altyd neerkom op 'n reduks-teks van, as ek reg onthou, 4 bladsye) - dalk is dit tyd om weer die boeke oor die postmoderne nader te vark, ek bedoel hark. Jaco Barnard-Naudé

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top