Jy sit daar, in volkome onskuld,
Tussen jou daffodille, soos vir ’n foto
Geposeer met die titel: "Onskuld".
Perfekte lig in jou gesig verlig dit
Soos ’n daffodil. Soos enige een van daardie daffodille
Sou dit jou laaste April op aarde wees
tussen jou daffodille, in jou arms,
soos ’n teddiebeer, jou nuwe seun,
net maar ’n paar weke in sy onskuld.
Moeder en kind, soos in die heilige portret.
En langs jou, wat laggend na jou opkyk,
Jou dogter, skaars twee. Soos ’n daffodil
Jy buig jou gesig af na haar, sê iets.
Jou woorde verlore in die kamera.
En die wete
Binne-in die heuwel waarop jy sit,
’n Omgragte fort-heuwel, groter as jou huis,
Haal nie die foto. Terwyl dit die volgende oomblik
Na jou toe aankom soos ’n infanterieman
Wat stadig terugkeer vanuit niemandsland,
Gebukkend onder iets, bereik jou nooit –
Smelt eenvoudig weg in die perfekte lig.
Vertaling van "Perfect light" deur Ted Hughes uit Birthday Letters. Klik hier om die oorspronklike gedig te lees.
Klik hier vir meer besonderhede oor die kompetisie.

