Kloof jy die voëltjie oop
om die tong te beskryf
sal jy ook die koord sny
wat die liedjies bedryf
Slag jy die dier
Vir die maanhaar se weelde
Vernietig jy dan ook
Die pels se verlede
Ruk jy die hart uit
Om te sien hoe hy klop
Sal jy die ritme
Van ons liefde
Ook
Stop
[Vertaling deur Vidette Zeeman. Oorspronklike gedig deur Sylvia Plath]
Klik hier vir meer besonderhede oor die kompetisie.

