Vertaalkompetisie: Kneusplek

  • 0

Kleur stroom daarheen, sagte pers.
Die res van die liggaam is uitgewas,
Die kleur van ’n pêrel.

In ’n klipkuil
Suig die see obsessief,
Een holte die hele see se spil.

Die grootte van ’n vlieg,
Die onheilsteken
Kruip teen die muur af.

Die hart sluit.
Die see trek terug,
Die spieëls is bedek.

[Vertaal deur W Miles
Oorpronklike gedig deur Sylvia Plath]

Klik hier vir meer besonderhede oor die kompetisie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top