Liefste Heiland, Formeer weer, Millennium Drie Mens, kanala,
totte absoluut doodgewoon, onbomenslik, Mens, Paradyskind,
wag Mens al wragtigwaar, bitterbai’ lank, o Yeru-Salem, Allah,
op Goeie Hoop, Lewe Twee Lewe, Liefde, Wind van U Bewind
Pater, Abba, Hoor Mens, sy/haar versugting, pleidooi, soebat,
(“Duiwelspiek”-gedoente, -dissipelskap, maak Mens regtig sat)
deesk’ versugting, nie somme nette gebed, disse moers’ Wens,
Vrede op Aarde, afsku in slinksheid, boosheid, als anti-Sapiens
kodifiseer Mens al vir Millennia, volgens kategorie, volgens rang,
Naaste, onderdrukte, selfmoordbomdraer, vir dood nie juis bang,
lei proses, Self-destruktiwiteit, totte volledig Self-submissivering
onmiskenbaar-onopenbaar, bly’T So, God se Allerheil’gste Waarheid,
verstoke van Mens, Aspekte, Dimensies, Karakter van Geregtigheid,
kry iedere individu ’n stukkie, na gelang van behoefte, van nering
Jacobus Faasen

