"Verstotelinge" deur Marius Ochse

  • 0

Verstotelinge

Hierdie een is vir die skaam girl met die slegte vel
wat Maandag meer vrees as Saterdag voor die TV stel
Alleen of saam met haar ma en die se ewige refrein
“My kind, luister na my, elke pot sal ? deksel kry”

REFREIN:
Hou vas, hou vas
alles gaan verby
Hierdie is ? enkele reis
jy sal ander kanse kry
Hou vas, hou vas
Alles gaan verby
Alles gaan verby

Hierdie een is vir die ou vrou wat nie kan onthou
hoe haar kinders lyk
Wat hard probeer om waardig te bly
terwyl sy moeisaam kombuis toe skuifel
om nog ? blik hondekos te kry

REFREIN

Hierdie een is vir die verwese man
wat ongesiens deur die lewe gaan
Wat vrouens betaal om sy naam te sê
en hom bietjie lief te hê
Om dan terug te gaan na ? leë flat
waar die stilte soos ? mantel hang

REFREIN

Hierdie een is vir die skraal vrou
met die sagte stem
Wat met haar skewe neus
probeer om vrolik te wees
Wat te bang is om te erken haar lewe word regeer
deur die knars van ? sleutel in ? deur

REFRIEN

Hierdie een is net vir jou, waar jy ook al is
Ek weet ook jou hart is rou geskuur
deur jare en woorde en dade
Ek weet ook jy hang gekruisig aan die niks
En ek weet jy is bang

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top