Kan van die “versoeners” asb hul onduidelike doelwitte begin definieer? As dit gemik is op “soen”, kan ek altyd aan n artikel in “seksuele oortredingswet” dink. Dus, hou op belaglike lugkastele bou en navorsing doen rondom lugkastele doen, met n verskuilde agenda. Etniese amalgamasie het voor 1983 in SA plaasgevind, ongeag of wetgewing dit verbied het. Regstel aksie, BEE en gelyke indiensneming is al wetgewing wat integrasie afdwing in werkplek. Sodra jy wetgewing maak wat individuele regte voorskryf, bv dat jy ’n kwota vriende van verskeie etniese groepe moet hê, dan is ons by teenpool van Apartheid. Dus, met apartheid inligting muilband wetgewing weer in plek, is ons op pad na ’n menseregte krisis gelyk aan misdaad teen mensdom, soos apartheid.
Hans Richardt

