versoek

  • 1

Oplaas klink die skote
van die weermag en die weerlig
stil op hierdie oggend
wat blou sy arms uitstrek
en die wolke nader hark
in veelbedagte tydsaamheid.
Verras my,
vra die nag
en die dag antwoord eers later
uit ’n duif se keel:
     kyk,
ek het.

Teken in op LitNet se gratis nuusbrief vir ’n weeklikse dosis vars poësie .

  • 1

Kommentaar

  • Ek raak sommer lus om môre-oggend wakker te word en aan hierdie gediggie te lê en dink terwyl die oggend sy blou arms uitstrek en die wolke nader trek. Ek sal hieraan dink ook as ek weer 'n duif hoor koer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top