Verskonings
Staar na my refleksie
Wie is daar agter my oë?
Die waarheid word verklap in my siel
Nie die een wat jy beleef nie
Verskeur my maskers en daar sal jy dit sien
agter my oë
Leeg, stil, onversteurd, leweloos
Sonder 'n hartklop na begeertes.
'n Behoefte na onsekerheid sal my verteer
agter my oë
Leuens is gegrond in die waarheid.
Vertel die leuen en dit sal jou vrylaat
Jy kruip weg agter jou oë
Jy smag na vergete verlange na iets beter
Verlore agter jou oë is dae wat jy wil onthou
Smart, 'n houding waaraan jy bly vasklou vir ewig
Pyn 'n verskoning vir haat soos liefde sonder passie
Breek deur, weer en weer
Die waarheid, jou hart word ontbloot
Pleister toe, vergeet
Hoop op 'n beter gister is tevergeefs en verlore
agter die oë van more
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


