Verneuk
REFREIN:
Jy het my verneuk, ja, jy het
Dit was dalk vir jou onskuldig
maar dit het my kop opgeneuk
? Boodskap hier, ? boodskap daar
Jy het my verneuk, ja, jy het
Alles wat ons gehad het
Alles wat ek beplan het
Niks gaan daarvan word nie
Dis nou net ek hier
Vergeet van verskoning vra
dis tog nie meer dit wat jou pla
Die eerste keer was al ontrou
maar die tweede keer sal ek altyd onthou
REFREIN
Ek het ? lewe vooruit geloop
jou speletjies het dit weggestroop
In stukke verskeur, letsels oopgekrap
ek en jy is ongelukkig doodgetrap
Jy het die eerste keer belowe nooit weer
die tweede keer gesê jy weet nie wat het gebeur
Vertroue is weg en ek kan nie meer alles gee
Jy het ook gelieg, want die is nie die beste wat jy gee
Jy het my verneuk, ja, jy het (x3)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


