Verlore strate
Vers 1
Drome word doodgedruk
in warmte van die dag
maar snags as die musiek begin speel
sal almal saam lag
Refrein
Verlore strate is picture perfect
Die wind waai effens en die honde blaf
Verlore strate is picture perfect
Die voëltjies sing en die kinders lag
Vers 2
En by die straat af is daar ’n hoekkafee
ook net so stil soos die straat alleen
en op ’n enkele grasperk is daar kinders wat baljaar
en geniet die wonderlike sonskyn van die dag
Brug
Die plek waar ek myself kan wees
En herinner word aan my ou skooldae
Die plek waar ek stil kan word
En dink oor wat die lewe vir my kan gee
![]() |



