"Verlore en vergete" deur Xander Ward

  • 0

Verlore en vergete

Iewers langs die pad het ek jou verloor
Jy het my agtergelaat en jy kyk net voor
Met stof in my oë en my hart vol rou
Staan ek nog steeds en wag vir jou

Jy sê jy moet pak en jy moet nou gaan
Jou lewe lê anderkant die blou berge
Met ’n treur in jou stem sê jy vir my totsiens
Jy weet nie of ons ooit weer mekaar sal sien
Voor jy gaan vra ek jou asseblief
Waar ook al jy gaan baby vergeet my nie
Is my liefde nie vir jou genoeg rede om te bly
Nooit het ek gedink dat ons twee se paaie sal skei
Jy was die enigste, die beste wat mens kan kry
En binne ’n oogwink het jy my verkeerd bewys
Ek hoop waarheen jy gaan is daar meer as wat jy agterlaat
Ons het dan nog so baie oor ons toekoms gepraat
Jy het verander soos die seisoene rondom my
Als om in groener weivelde te gaan wei

Jy sê jy moet pak en jy moet nou gaan
Jou lewe lê anderkant die blou berge
Met ’n treur in jou stem sê jy vir my totsiens
Jy weet nie of ons ooit weer mekaar sal sien
Voor jy gaan vra ek jou asseblief
Waar ook al jy gaan baby vergeet my nie
Soos die son sak verdwyn my gedagtes van jou
Met die maan daar bo kan ek vaagweg onthou
My en jou se laaste goodbye
Solank die wind jou net nooit weer terugwaai
Jy sê jy moet pak en jy moet nou gaan
Jou lewe lê anderkant die blou berge
Met ’n treur in jou stem sê jy vir my totsiens
Jy weet nie of ons ooit weer mekaar sal sien
Voor jy gaan vra ek jou asseblief
Waar ook al jy gaan baby vergeet my nie

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top