Verlief wees
Môre is nog ’n dag
En hier sit ek nog steeds en wag
Jy is so mooi, jy is so mooi
Dan sal ek nog ’n briefie vir jou skryf
Net om jou te remind
Dat ek nog steeds bestaan
Dan wonder ek
Is ek ook vir jou so mooi?
Die sonsopkoms se rooi.
Refrein
Verlief wees is ’n ander taal
Geskryf in die hemelraam
En dan môre wanneer die son opkom en die mis
So tussen die bome hang
Sal ons dan smile
En jy sê jy is lief vir my
Refrein
Verlief wees is ’n ander taal
Geskryf in die hemelraam
Die middagson bak die teer warm
Ons roomys smelt
Soos my hart wanneer jy vir my smile
Refrein
Verlief wees is ’n ander taal
Geskryf in die hemelraam
Ek glimlag vir die maan
En dan wonder ek
Ons vergaan
Is dit te laat
Om aan jou deur te klop
Dan sal ek vra
Kan ek langs jou sit en staar na die sterre en die maan
Refrein
Verlief wees is ’n ander taal
Geskryf in die mooiste hemelraam
![]() |



