Verlate plaas
Daar is ? verlate pad tussen ons nou geplaas
Al die tye in die verlede in ? afstand verskeur
Al die goeie sonsak-oomblikke op die plaas
Is met swart ink op wit papier gegraveer
Baby, ek weet jy moes vlug om jou gedagtes skoon te kry
Ek sit rustig op die plaas stoep met ? brief vir jou
en please sê jy dink aan my
Elke helder sekonde saam se prente flits deur my siel
In die oggende sien ek ? gebroke hart wat terugflits in die spieël
REFREIN:
Jou glansoë skyn helder ver weg, suid
Die donker dae vreet aan my eensaamheid
Ek hoor jou hart roep my terug, maar jou kop bly dit keer
Die oomblikke saam jou was awesome en glo my, dit was ? eer
Die horlosie herinner my die tyd gaan nog aan
soos ek snags staar met jou gesig in die silwer maan
Elke ster is ? oomblik wat jy my laat lag
Ek mis jou mond en jou lippe, soene so sag
In jou nek was ? strawberry-geur wat my mure behou
Die tik en tak van die horlosie laat my meer verlang na jou
REFREIN
Elke helder sprokiesprent eindig met geluk
Ek hoop graag dat ons verhaal dit ook kan besit
Ek sal wag op my ou plasie tot die son verdwyn
Want ek wil op die ou einde jou as my vroutjie claim


