"Verlange" deur Thalana Hunter

  • 0

Verlange

Verlange
is 'n hart wat roep na 'n ander
'n Traan wat loop
omdat dit nie sy sin kon kry

Tyd wat verloop
en emosies wat ly

Verlange
maak die wag baie langer
alhoewel tyd tog verander

Woorde is nie meer genoeg
sonder die aanraking
van 'n liefling

Liefde maak dit moeilik
Liefde maak dit maklik
Liefde maak jou hartseer
Liefde maak jou bly

Soggens is jy die son
wat my wakker maak
Saans is jy die sterre
wat my laat slaap

Ek sien jou naam.
ek hoor en voel dit oral
Ons is altyd saam
maak nie saak waar ook al

Ek sal aan hoop vashou
jou sakdoek bly vasklou
en wens more was al nou.

Gou
wil ek jou weer vashou
en nooit weer laat gaan

Want jy is 'n man so na my hart
'n Man wat ek definitief moet hou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top