"Verlang" deur Ilze du Plooy

  • 0

Verlang

Vers 1

Jy laat die emosies van ’n reënboog
In my hart uitstraal
Dieselfde emosies laat jy soms betoog
En los my hart leeg en kaal

Vers 2

Ten spyte van dat ek nou onder
Die reënboog deur loop
Kyk ek op na waar jy my hart
Gebêre het – jy’t hom vasgeknoop

Koor

En elke keer as die reën weer val
En ek aan jou dink dan
Voel ek weer my voete nader
Na die reënboog. Ek verlang

Vers 3

Jy maak my die blyste en kwaadste
Wat ek ooit kan wees
Maar lief sal ek jou hê
Jy was daar om my pyn te help genees

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top