Beste Hans,
Wat jy dit ook al wil noem, tale laat nie aan hulle voorskryf waar hulle moet leen en hoe hulle moet aanpas by omstandighede nie. Daar is nie so iets soos 'n suiwer taal wat nie verkaveling ondergaan het nie. Selfs die Jiddisj wat jy destyds met Afrikaans verwar het, is Joods, met woordeskat ontleen aan Duits, dialekte van Balto-Slawies en Hebreeus, en ek weet nie nog wat nie. Seker Afrikaans en Engels ook nog by.
Geen taal kan jy afbaken en in 'n blik druk nie. Dis nog wispelturiger as 'n vrou.
Groete,
Angus
Nee Angus, ek dink dis die politieke korrektheid ideologie van Natal en jou pos by universiteit wat jou so laat dink. Na alles, jy moet jou posisie beskerm. Sonder mense bestaan daar nie taal nie. Latyn as skryf en streektaal is standaard en bly so vir vele tale. Dit het nie "slang" nie. Daar moet standaard wees, waaraan meet jy dan vooruitgang of afteruitgang van taal of enigiets? Nederlands? Dink nie so nie, want wat is Standaardnederlands met vele dialekte?
Beste Hans,
Jy het dit met alles mis; ek is nie verbonde aan die universiteit nie, en ek is altyd links van die regering.
Wat taal betref: taal is universeel; dis maar die mens wat politiek korrek wil wees en tale name gee. Dis 'n klankstroom gemaak deur die spraakorgane van die mens waarmee hy kommunikeer.
Wat Latyn betref: dit bestaan net op skrif, verder is dit 'n dooie taal wat nie gepraat word nie. Dit het "slang" in tale soos Italiaans, Frans, Spaans, Portugees. Dis almal maar verkafelde Latyn.
Tale het standaarde, genoem Algemeen Beskaafde Taal, of kort, AB-taal. Afrikaans het sy standaardvorm: Kaaps-Hollands, gesuiwer van anglisismes sover moontlik. Dis nou die sogenaamde suiwer Afrikaans wat mense nie praat nie, maar besig.
Groete,
Angus
Kommentaar