"Verjaarsdagwens" deur Gerhardus Pieterse

  • 0

Verjaarsdagwens

Geniet jou verjaarsdag
Met ’n lied en ’n lag
Laat die wind liggies deur jou hare streel
Kyk as die voëltjies liefies speel
Laat die blommeprag jou bekoor
Net soos jy mooi akkoorde hoor
Geniet die lewe en jaag jou drome na
Want sukses kom nie altyd as ons daarvoor vra
Mag jou dag geseënd en gelukkig wees
Want die lewe is sowaar ’n fees
Hierdie wens is spesiaal vir jou
Mag ons Skepper se seëninge jou omvou

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top