verifiërend virre rede (2)

  • 0

al’s Mens so verknog aan kapitaal, insameling,
van anner se fondse, laaste spaargeldjies,
oppie spel plaas, op fondsmarkte bemark,
sonner lat lewens gered, gespaar, verbeter,
ver-RDP-fiseer, konstruktief, bemagtigend,
opgegradeer, geletterd, behoorlik opgevoed,
volgens strengste eise, duidelike behoeftes,
nie volgens wens en eis vanne minderheid,
luidrugtig, tot nadeel van allie tjoepstilles,
stilte vannie meerderheid, net af-‘n-toe ‘n gil,
speelveld so onverdraagsaam ongelyk, onewe,
lat Gelykheidshof, produk van ANC-kommissie,
wens en begeerte, van meerderheid, nou gesluit,
afgeskaf, nie meer as progressief genoeg gesien,
nie vóór speelveld behoorlik gelyk geskraap word

min beweegruimte vir Homo Sapiens Kwadraat,
erken weervoorspellersvereniging, al issit laat,
lat aardverwarming, verhitting van lewensbron,
Mens onmiddelik plaas inne bewussyn, besef,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, Mens,
situasie’s uiters ongewens, bronvernietiging,
destruksie, van Self, medemens, van Ryk,
alles wat nog mooi en lieflik in Gondwana was

weer was nog altyd een of anner soort metafoor,
goeie aanduiding, van wie gaat wen, wie verloor,
is Krisis noggie as sulks erken, al ontvou sy nou,
plae sosio-geografies beperk, minnerheid oningelig,
of miskien nader aan waarheid, anti-inligtingsgerig

leer Mens te min oor onkunde-ontkenningskunde,
met “Duiwelspiek”-dissipelskap-rolmodel-modelle,
vol haat, nyd, oorlogsugtigheid, “ras”- en “klassisme”,
mites, stereotipes, aangeleerde oorlewerings, illusies

visies van leuens, Self-destruktiwiteitsindroommatig,
Mens, mede-Mens, Naaste, Eerstes as heel laaste geag,
God se Geregtigheid met hebsug, magslus, lis, verkrag,
al skrywend aan hartseer verhaal van sjatanskapitaal

Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, Mens,
nog steeds nie, Spiritueel, tot Storie, Verhaal,
soos iemand wat waarde van geskiedenis waardeer,
as iets wat lewensvatbaar-verifieerbaar, waar, is,
reg van Begin af, iets wat Goddelik, Verhewe, Reg,
rêrig as Toonbeeld, van Liefde, agterna, te kan strewe,
Mens al tydens Lewe Een, Lewe Twee-gerig kan lewe,
Sou Skepper Mens net Wou Wys, ‘wáár’ presies t’begin,
die ‘hóé’ is ín Formule, van Gewete, indien óóít herwin

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top