verifiërend virre rede (1)

  • 0

nes gewetenloosheid, apartheid, anti-Wetlikheid,
nie ter wille van Naaste, Liefde, medemenslikheid,
as aanhangers van “Duiwelspiek”-wonderlikheid,
post-Lewe Een, nie veel kans’p ervaar van Twee

Gewete-loosheid, naarheid, vomering, Self-destruksie,
wense, drome, begeertes, nastrewenswaardighede, jis,
Homo Sapiens Sapiens, ondanks alles, so vol Waarde,
vir Skepper, Begin en Einde, Almagtigheid, Waarheid

wou Mens U lankal al hierie vox pop-vraag vra:

“Liewe Vader, indien U vir Kjend so Lieflik Lief,
vir Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, eish,
is, Bron van Lewe, in Univers en in Lewe Twee,
hoekom dan begint, struktuurgeweldstrukture,
gewelddadiglik, soos ou geboue, geweldig,
inmekaar in stort, toetentaal, net meegee

gee Vader dan nie om vir eigene Kjenners,
waar in Afrika was Paradys, waar’s U Gena,
hoekom pleeg Mens stupid Self-destruksie,
terwyl U’t op Ú Wyse anie kaak kan Stel?”

met Wet Een wat klokslag, gereeld oortree word,
bevinde inkommers, ontvangers, buiteslapendes,
binnekringbegunstigdes, naasteliefdeprekendes,
Millennium Drie s’n, Mens, in een moerske Krisis,
so omvattend, onafwendbaar, ultra-onontwykbaar

sou Mens ma’ net wou min of meer, net meer,
medemenslik, vol begrip, Spesie en spesie,
als wat leef, probeer behou, tot met groet,
daai tyd vannie dood, laaste afskeid,
al voel’t maa’ soos begrafnisswarigheid,
die gaan-gereed-maak, optof, aanklee,
vir viering, inwyding, van Lewe Twee

begryp Mens noggie mooi, hoe onheilig,
afvallig, oneerbiedwaardig, haatlik,
Mens versus Eie, Naaste, optree,
nie soos ubuNtu se umNtu, abaNtu,
wie, wat Skepper gehoor wil gee,
nie meer Sy Wet so lelik t’oortree

hoekom duur submissivering, oorlog, haat,
so lank, hoekom is’t so duur, Self-uitwissing,
verkragting, beliegting, bedrog, genosidifisering,
eisj, travel “Duiwelspiek”-superpaparazzi, stylvol,
rond en bont, spoggerig anie skinner, rugstekend,
spottend hul Skepper, Vader, t’hinner, nie-wetend

sweerlik niemand méér magslustig,
uitbuitend, prooi-gerig, gewetenloos,
as Herr, Señor, Meneer, Mnumzana,
Sir, sjatan, hooftrawant, verleier,
tot oor Duiwelspiek se afgrond,
vat valler net hier en daar grond,
op pad na Lewe Twee, o wee

alles nie so wel, in sjy hel,
nie as Mens werklik moet glo,
wat voorouers Mens als vertel,
van sjatan se superspesialiteit,
sjy uitbuit van Mens se naïwiteit,
lat maanskyn en rose, lendawu,
op Aard, wat Lewe Twee betref,
net eintlik ‘n realisties illusie is

geen sprake van eerbiedwaardigheid,
waardigheid, gewilligheid, menslikheid,
bereidheid tot mede-Mens Liefde,
Waarheid, Vrede, Geregtigheid,
vir Ewig, ook in Lewe Twee,
medemenslik toe te wens,
vir mekaar Mens-wees t’wys

Lewe Een ook half-Paradys,
yslik reformatories, RDP-lik,
minderheid en meerderheid,
hul na omstandighede t’skik,
sonner veraf verlange, wens,
na Paradys, Jena, ai, Utopia,
Xanadu se sekuriteit, Mens

waar ‘n wil bestaan, isse Weg,
Gewete-herwinning b’rus’p veg,
nie tou opgooi, handdoek íngooi,
soos ‘n pligsgetrou “Duiwelspiek”-
dissipel, submissief, Self t’verloën,
weier, onner God se Wet t’woon,
opgee, van mag, mossie kosher,
al’s’t haram, Naaste kil uit t’moor

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top