Verhoed nie die kinders nie

  • 0

Hello, 

Soos alreeds gesien dui die wat die sogenaamde tradisionele huwelik verdedig dat dit altyd oor die kinders gaan en word dan weer in twee onderafdelings verdeel. Die eerste aspek handel oor die wetlike aspekte en het as vraagstuk watter wetlike fondasie moet daar gestel word om te verseker dat ouers van dieselfde geslag hulle kinders in veilige omstandighede met die onderbou van liefde kan grootmaak. Hierdie ontneming van die wetlike beskerming vir ouers van dieselfde geslag om 'n gesonde huishouding daar te stel word in gedrang gebring deur die feit dat die wetlike beskermings en fondasie wat ouers van die teenoorgestelde geslag hierdie gesinne ontneem word. 

Dit is maklik vir 'n sekere tipe heteroseksuele persoon om dit af te maak maar dit sal die swaarte wat van die gesinne ervaar ontken en word die gevolge van hierdie ontkenning uiteengesit op die volgende manier: 

Die geskiedenis van hierdie kwessie is gevul met stories van swaarte en hartseer van kinders wie se ouers nie erken word as ouers nie. Daar voorbeelde van ma's en pa's wat belet word by 'n kind se hospitaalbed, want hulle is volgens sekere maatstawwe nie 'n familie en die ouers nie ouers nie en is dit hartseer om selfs hier te gelees het dat hierdie ouers word beskryf as 'ouers'. Daar is ook die voorbeelde waar die ouers besoekregte ontken word na die ontbinding van 'n familie, net soos daar soms teen die ouers gediskrimineer word op nog meer onmenslike terme aangesien baie lande beperk die vermoë van 'n gay ouer om kinders aan te neem of om te reageer op 'n kind se mediese noodgeval. Dit is belangrik om te besef dat egskeidingwette het ook as oogmerk om te verseker dat kinders kry finansiële en emosionele ondersteuning wanneer huwelike eindig en is die gevolge van huwelike ontken, soos volg: geen huwelik, geen egskeiding, geen ondersteuning nie.

Hierdie begin dan om te bevestig hoe noodsaaklik dit dat families wat op hierdie manier gevorm is dieselfde beskerming en ondersteuning geniet wat enige ander gesin en huwelik op kan aanspraak en is daar geen gronde om hierdie regte van volwassenes en hulle kinders te weerhou nie. 

Behalwe vir die wetlike implikasies hierbo uiteengesit verwys Bill Keller in die New York Times na Camilla Taylor van Lambda Legal op verdere emosionele implikasies van beskerming en wetlike fondasies wat ouers en hulle kinders weerhou word, naamlik dat die kinders soms die volgende ervaar: 

“Kids understand and internalize the sense that something is wrong with their families and that they should be ashamed.” 

Net soos hierdie 'n teelaarde skep vir die volgende, “stigma attached to being treated as if your family is not a ‘real’ family — a stigma that amounts to an official imprimatur for bullying and humiliation”.

Indien dit dan werklik oor die kinders gaan en die daarstelling van veilige en liefdevolle huishoudings hoekom hierdie onmenslike struikelblokke wat weereens grootliks deur die godsdienstige gedeelte van die samelewing op die ouers en kinders afgedwing wil word. 

Regter Antonin Scalia maak weereens 'n verskyning. Kan hy nie eerder aftree nie? Gereeld word daar gepoog om die indruk te probeer skep dat daar probleme is met die aanneming van kinders deur gay ouers en dat hierdie gronde bied vir die weerhouding van hierdie reg aan ouers en het die Washington Post Regter Scalia se blaps in hierdie konteks duidelik uiteengesit en word dit soos volg deur my aangehaal: 

Regter Scalia voer aan: 

It relied, remember, on the idea that sociologists are, in some significant way, split on this question. 

Dit is egter nie die bevinding van die 'American Sociological Association' nie en is die instelling se kommentaar soos volg: 

The claim that same-sex parents produce less positive child outcomes than opposite-sex parents—either because such families lack both a male and female parent or because both parents are not the biological parents of their children—contradicts abundant social science research. Decades of methodologically sound social science research, especially multiple nationally representative studies and the expert evidence introduced in the district courts below, confirm that positive child wellbeing is the product of stability in the relationship between the two parents, stability in the relationship between the parents and child, and greater parental socioeconomic resources. Whether a child is raised by same-sex or opposite-sex parents has no bearing on a child’s wellbeing.

The clear and consistent consensus in the social science profession is that across a wide range of indicators, children fare just as well when they are raised by same-sex parents when compared to children raised by opposite-sex parents.

Die Washington Post ontbloot ook die volgende: 

And here’s the punchline: That paragraph isn’t buried in a press release on its blog or in an editorial from its trade magazine. It’s from the amicus curiae brief that the ASA filed in the very case Scalia was commenting on.

In other words, the official organization representing American sociologists went out of their way to provide the Supreme Court with their “consensus” opinion on the effect of same-sex parents on children. And yet, when struggling for a “concrete” harm that could come from gay marriage, Scalia went with “considerable disagreement among sociologists.” So we’ve gone from a weak claim — “considerable disagreement” over harm is not the same thing as actual harm — to an explicitly wrong claim. Scalia offered no details or evidence of this considerable disagreement among sociologists, and it’s hard to believe he’s a better judge of the profession than the ASA, whose brief he notably declined to mention.

So is die strooihalms waaraan die teenstanders van gelyke regte vir gay ouers en hul kinders moet klou. 

Daar is werklik 'n verwagting dat 'n persoon soos regter Scalia meer ingelig moet wees. 

Die verklaring van die American Sociological Association' kan hier gevind word.

Hierdie bring ons dan uiteindelik by Mark Regnerus en die skande wat sy verslag tot gevolg gehad het: 

Mark Regnerus’ so-called study of children of gay parents has failed the rigorous  standards demanded by academic peer review. 

Meer as 200 vakkundiges het hierdie brief onderteken net soos die joernaal waarin dit publiseer was na 'n interne oudit die volgende gevind het:

Die name en die brief wat die metodiek bevraagteken kan hier gevind word.

Net soos The Chronicle wat as teikenmark universiteite het die volgende artikel publiseer het.

Die oudit was onderneem deur Darren E Sherkat. 

Darren E. Sherkat a professor of sociology at Southern Illinois University at Carbondale was given access to all the reviews and correspondence connected with the paper, and was told the identities of the reviewers. According to Sherkat, Regnerus’s paper should never have been published. His assessment of it, in an interview, was concise: “It’s nonsense,” he said.

Among the problems Sherkat identified is the paper’s definition of “lesbian mothers” and “gay fathers” — an aspect that has been the focus of much of the public criticism. A woman could be identified as a “lesbian mother” in the study if she had had a relationship with another woman at any point after having a child, regardless of the brevity of that relationship and whether or not the two women raised the child as a couple.

Sherkat said that fact alone in the paper should have “disqualified it immediately” from being considered for publication.

In his audit, he writes that the peer-review system failed because of “both ideology and inattention” on the part of the reviewers (three of the six reviewers, according to Sherkat, are on record as opposing same-sex marriage). What’s more, he writes that the reviewers were “not without some connection to Regnerus,” and suggests that those ties influenced their reviews

Hierdie verslag en pogings om regte te ontken bevestig die giftige wisselwerking tussen ideologiese vooroordeel en godsdienstige onderbou en dui aan hoe 'n mynveld hierdie is en hoe moeilik dit is om die kaf van die koring te skei en hoe daar op instellings se naam gery kan word, soos gesien kan word deur die verwysing na die Universiteit van Texas tot dit uiteindelik bevestig word dat die fondse het gekom van Witherspoon Institute wat 'n politieke oogmerk teen gay huwelike handhaaf. 

Die Universiteit van Texas het ook na klagtes die verslag ondersoek en bevind die verslag en die navorser het hulle nie skuldig gemaak aan wangedrag nie maar moet daar egter op die volgende gelet word: 

The allegations raised by Rose fall under the university’s definition of scientific misconduct, which states, in part, that “ordinary errors, good faith differences in interpretations or judgments of data, scholarly or political disagreements, good faith personal or professional opinions, or private moral or ethical behavior or views are not misconduct.” As with much university research, Regnerus’ New Family Structures Study touches on a controversial and highly personal issue that is currently being debated by society at large. The university expects the scholarly community will continue to evaluate and report on the findings of the Regnerus article and supports such discussion. 

Die volledige verslag kan hier gevind word.

Die leser moet dus katvoet wees teen alle tye en poog om te bepaal wat is die instelling se doelstellings en hoe onpartydig is die instelling en wat is die agenda en bevestig die doelstelling van die instelling en in die geval van Mark Regnerus hoe die se eie geloofsoortuigings die bevindinge van die verslag kan beïnvloed en dan 'n oordeel fel in hierdie magdom inligting en kommentaar daarop.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top