Mens, vergewe liewer mede-Mens, Naaste, eisj, luister,
hoe mag Mens selfmoordenaar haat, wie yk die skaal,
Pussy Riot, Salman Rushdie, Ayanda Mabulu, iets faal,
hoekom word altyd oor vergifnis stilsaggies gefluister?
anargie, verwerping van romantiek, van politiek, nie Antwoord,
issit aaire “Duiwelspiek”-sindroom wat Mens konkreet verwoord,
hoeveel gif daar diepgesetel skuil, in onheil, in styl van nihilisme,
probeer post-Berlyn Muur-sosialiste hul heil vind in kommunisme
hele Heelal is woelag, vinnig aan’t verander, aan’t transformeer,
vloed van Waarheid inderdaad nie maklik gestuit, g’stop, g’keer,
Mens, Skepsel kry mos net een kans, so Sweer Almagtig’ Heer
indien Liefde, Respek, Dissipline, Naaste, Self, mede-Aardling,
nie gou herstel, syn daar vir bittermin sprake van Oorwinning,
Inkhululekho absoluut onrealiseerbaar, zerozero Herwinning
Jacobus Faasen

