"Vergewe my" deur Reinhardt van der Wsthuizen

  • 0

Vergewe my

Ek het myself klaar vergewe
vir al my sonde in die verlede
So ek wens net jy wil ook sien
van nou af werk ek vir wat ek verdien

BRUG:
Sê vir my wat ek moet doen om jou vergifnis te kry (x2)

Ek’s moeg baklei
Ek’s keelvol gestry
Wens net ek kon verstaan
wat ek moet doen om aan te gaan

REFREIN:
Vergewe my vir my sonde
Vir al die diep en donker wonde
Hoop ons kan die vrede bewaar
want al die baklei maak my naar

Mense verander met tyd
Hulle voel soms die slegte byt
Maar ek vra jou weer
vergewe my asseblief dié keer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top