Beste Dirk D
Baie dankie vir jou belangstelling.
Jy vra:
Ek (Dirk D) probeer steeds redelik wanhopig om jou versoening van verskillende religieë te verstaan en het besluit om hierdie moeilike taak stappie vir stappie te nader, soos die leeuloop. Kan ek jou vra om die vragies, so ver moontlik, met net ’n ja of nee te antwoord? Eerste vraag: Glo jy aan die Joodse geloof?
Dirk D, ek sou wat wou gee om jou vrae met ’n eenvoudige JA of NEE te antwoord. Ek moet jou egter by voorbaat daarop wys dat ek aan niks glo nie – absoluut niks.
Ek glo in ons almal se Almagtige Lewende Skepper se liefde en genade en in die openbaring daarvan in alle godsdiens op aarde. Ek lewe met ’n bruisende begeerte in my hart om die menswording van ons Almagtige Lewende Skepper met elkeen in hul diens tot GOD te deel.
Ek is ’n getuie hoe hierdie Goeie Nuus reeds tot menige godsdiens gevoeg is, en hoe daar in elke kultuur en taal op aarde tot Jesus Christus ons Almagtige Lewende Skepper se eer gesing en dans word.
Dirk D, ek loop graag die leeuloop verder met jou om my versoening tussen verskillende religieë te verstaan, en om hierdie moeilike taak stappie vir stappie in liefde en respek tot jou en ’n ieder ander hart wat hier lees te nader.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn

