Vergewe en vergeet
0:00-1:05: Intro
1:05-1:40: Vers 1
Sien jy, die geraamtes in jou kas
Wat vir jou lê en loer
Die pikswart oë vreet
Regdeur jou hart
Dalk was dit al die tyd
Om te los en te laat gaan
Net een ding bly oor
Jy moet net onthou
1:44-2:28: Koor
Vergewe, vergewe en vergeet
Vir als wat jy wou weet
Van my verlede
Om probleme op te los
Dit gaan nie werk nie
Verlede, oorlede en vergeet
Die hede bestaan net
Tot die toekoms al is
Wat ons het om te bederf
En dit is net vir jou
2:56-3:31: Vers 2
Sien jy die ligstraal in die nag
Wanneer jy jou oë sluit
Die donker sal bly staan
Tot jy self die lig sien
Dalk is dit nou die tyd
Om op te staan en kyk
Die wêreld is nie weg
Maar net verskuil
3:36-4:19: Koor
4:19-4:54:
Sien jy!
Net vergewe en vergeet
Die toekoms raak nie sleg nie
Maar verander en verbeter
Dalk, dalk kom daar ’n tyd
Wat jy nie kan laat gaan
Of jou verlede hanteer
Maar dis nie nou nie
4:54-5:29: Eindig met gewysigde koor:
Vergewe, vergewe en vergeet
Vir al wat jy weet
Het jy reeds
Jy moet dit net erken
Verlede, oorlede en vergeet
Wat gebeur het is verby
Die hede is nou verlede
Die toekoms is nou hier
![]() |



