Vergeet van gister en môre

  • 0

Vergeet van gister en môre

Die modderwit hut
grougrys gesoom
met splinters ruite
en sinkdeur sonder slot
’n halfgebrande kers
faal flou flikker
vergeet van gister en môre

Met ’n skurwe tatoe
gebalde vuil vuis
uurglas ek my lot
met die as van gister se pot
probeer ophou onthou
van swymel en swyn
vergeet van gister en môre

In die blerrie bont buurt
met piskol purperwinde
waai plastiek in stille getuienis
langs gebrandmerkte paaie
sonder stoptekens
’n doodloopstraat
vergeet van gister en môre

Ons Bats spirit uit spirits
rook dagga en snuif bulbs
beraam slinkse planne
sleurend in slik tot die
expiring date klop tik ... tik
nog ’n laaste teug
vergeet van gister en môre

Die skarlaken krot
met rioolstank omvou
toegespykerde vensters
sinkdeur geslot
’n pitlose was-traan-kers
klaar geflikker
vergeet van gister en môre

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top