"Vergeet uit die duiwel se waterput" by Jaco Venter

  • 0

Vergeet uit die duiwel se waterput

Uit ’n tuiste van swaarkry
Wat brand van gebrokenes
Kruip menslike sonde
Gereed met ’n nuwe doel
Opsoek na verlossing
Iets so suiwer
Suiwer soos glinsterende vergeet
Verkry uit die duiwel se waterput

Met behulp van helende eienskappe
Word liefde ontbind
Glinsterende helder versoeking
Steel geluk uit die hart van ’n kind
Integriteit teen vergeet
Swaarkry teen verstand
Woed ’n oorlog oor ’n waterput
In die mond van ’n uitgedroogde land

Woede en haat
Verander in omgee
’n Illusie van vervulling
Wat na realiteit streef
Nog een druppel hoop
Nog een druppel bloed
Weg met bekommernis
Van water so soet

Vernietig swaarkry
Vernietig pyn
Vernietig gebrokenes
Vernietig my

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top