Verdwaal (in sweet memory of Willem Carl Schwan)
Hier waar dit stil is
Dink ek sag aan jou en cope
En fluister ek sag
Vir my babadogtertjie
En in jou dogtertjie sien ek jou oë
Refrein
Want in die lewe het ek verdwaal
En ek mis jou baie
En ek kan nie verstaan.
En vir jou dogtertjie het ek nooit opgegee.
En weet ek dat jy ons albei oneindig liefhet.
En die tyd wat ons verpas
En dit nooit weer dieselfde sal wees nie, as jy teenwoordig is
En ek’s alleen.
En jy sal altyd wees in my hart
Terwyl jy afkyk hoe tyd ons inhaal.
Refrein
Want in die lewe het ek verdwaal
En ek mis jou baie
En ek kan nie verstaan.
En vir jou dogtertjie het ek nooit opgegee.
En weet ek dat jy ons albei oneindig liefhet.
En as sy groot is sal ek haar vertel van jou
Hoe ons ontmoet het, en hoe ons nooit opgegee het nie
En ek probeer trane en pyn wegsteek maar ek sal nooit opgee en eendag by jou wees
En ek’s vir die lewe kwaad
Ek moes veg om die realiteite te verstaan
En ek moes alleen baklei!
Omdat niemand my vrae kon verklaar.
![]() |



