Verdwaal deur die lewe
Jy draai om my terwyl my wêreld stil gaan vergaan
Moet ons aangaan met ons lewe?
Elkeen probeer drome najaag
Eintlik is hulle besig om mense weg te jaag
Want jy doen voor jy dink
dis wat gaan veroorsaak dat jou bootjie sink
Bring lig vir my donkerste gate
Bring 'n glimlag vir elke traan
Bring pille vir my pyn
want ek raak gatvol vir die wyn
Genesing is naby, maar ook so ver
Die keuse van aanhou en ophou
vleg tussen my verdowende brein
Hierdie keuse verstrengel my
Om die draai staan jy en wag
soos 'n geraamte in my kas
Gereed om uit te breek en luid te skreeu
Grommend storm jy my soos 'n leeu
Trap terug, ek val neer
Reik uit na jou hand want ek’s besig om te verdwaal
in 'n stupid liefdesverhaal
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


