Verdraaide geskiedenis?

  • 6

Ek dink byvoorbeeld aan Groot Trek.  By Piet Retief se moord was Maleiers betrokke. By Blouwkrans was 300 Maleier-vroue en -kinders vermoor.

Was Slag van Bloedrivier werklik wit setlaars vs swart oorlog? 

Ek het die vraag oordink en besef dat feitlik was dit oorlog teen volksmoordenaar en diktator, wat minderhede onderdruk het en geen menseregte gegun het nie! In die laer by Bloedrivier was net mans, maar nie net wit mans/setlaars nie. Daar was 20 Zoeloes as verkenners, verskeie Maleiers en Andries Pretorius se bruin predikantsekretaris wat ook Pretorius se weergawe van die finale Gelofte geskryf het, waaroor Sarel Cilliers groot meningsverskil gehad het.

Tog word waarheid verdraai, om dit politieke korrektheid kleur te gee van rassisme? Daar was GEEN rassisme of apartheid in die Gelofte nie en dit is 'n gelofte vir genade, nie vir politieke korrektheidbeleid nie, na een of ander kant toe nie. Wat teen Silkaats as diktator gebeur het, het ook teen Dingaan as diktator gebeur. 

Dalk moet kleptokrate en hul meelopers weer gaan dink oor geskiedenis.

Hans Richardt 

 

  • 6

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Wat gewone christene nie bewus is nie, is dat hul geloftes maak vanaf huweliksformulier, doopformulier, nagmaalformulier.
    Die vrae oor die Gelofte van 16 Desember 1838 is nie regte omstrede nie, want die Geloftevieringe het niks met politieke korrektheid te make nie, maar met geloof om God se genade te herdenk.
    Ek glo dat 'n gepaste herdenking 'n kerkdankdiens behoort te wees en nie politieke toesprake nie. Versoeningsdag met God en herdenking van genade, maw 'n dankseggingsdag.

  • Ek probeer almal se opinies te lees en te oordink. Baie opinies dink ek glad nie meer aan nie. Wat my tot stomheid slaan is die geskiedenis wat deur 'n seker deel van die bevolking opgeroep word. Ek sal graag wil sien waar is dit neergeskryf en waar kan ek die dokumente in die hande kry. Daar is gedurigdeur beskuldingings na 'n sekere deel van die bevolking dat grond gesteel is en moorde gepleeg is. Is daar iewers dokumentêre bewyse daarvan?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Logika dikteer ook dat 'n ossewa nie ’n stuurwiel gehad het nie en dat oa die touleiers, van Maleier-afkoms, saamgetrek het. Daar in Andries Pretorius se laer was daar ook sekerlik agterryers wie na die osse en perde gekyk het binne-in laer tydens die veldslag. Soos die tradisie was, moes hul ook hul bekeer tot christendom en moes ook godsdiensgeleenthede bywoon, al was dit dan ook in agtergrond, as dit dan moet.

  • Geskiedenis word geskryf en verdraai om te pas deur diegene aan bewind. As jy dus aanhoudend jou weergawe bly voorlê en dit in die geskiedeniskurrikulum inskryf sal dit naderhand deur 'n nuwe geslag as die waarheid aanvaar word.

    Bly dus aanhoudend sê:"Jan van Riebeeck is die oorsaak van al Suid-Afrika se probleme en wittes is gronddiewe" en siedaar jy het 'n geslag wat dit tot die uiterste dryf en alles wil laat val en alles verniet wil hê.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top